flink ink | November 2017 | Page 9

Hy lag skaam en sê dan nederig dankie. “Ek hou sommer net sirkus in my kop – dikwels voel dit nie eers soos werk nie,” sê hy. verhaal van sy jongste dogtertjie wat haar jolige én minder jolige oggendpersoonlikheid met trots vertoon. ontsettend oulik. Sy sou keer op keer sê: 'Hierdie boek jok! Daar ís dan 'n krokodil!' Dis waarvoor ek hoop wanneer ek skryf. “Ek is nog elke dag ontsettend dankbaar om 'n loopbaan te kan hê en om te kan doen waarvoor ek regtig lief is; min mense het die voorreg om dit te kan sê.” Dié boeke word ook aan hulle voorgelees, maar hy is nié jaloers wanneer hulle die werke van ander skrywers lees nie, terg hy. “Vreemd genoeg voel dit vir my nog altyd of ek dit juis nét in Afrikaans kan regkry. Afrikaans rol so lekker van jou tong af, dit praat én verstaan so maklik. Toe ek nou die vertaling van twee van my boeke lees, was dit heel anders om die boek te lees. Dis byna s oos 'n verskillende weergawe.” Humor is vir hom 'n gewigtige saak. Wanneer hy agter sy lesse- naar inskuif om te begin skryf, is lag dikwels 'n maatstaaf. Die skry- wer sê dit gebeur gereeld dat hy skoon hardop begin lag wanneer hy sy karakters se woorde neer- pen. Dan wonder sy vrou, Elize, en sy dogtertjies, Mia en Emma, dikwels wat in die binnekant van dié studeerkamer aangaan, maar hulle moet in die meeste gevalle nes sy aanhangers ook maar wag tot die boek voltooi is. “Wanneer ek skryf, skryf ek dit uit my uit. Meeste van dié karakters moet dikwels maar liefs in mens se gedagtes bly,” terg hy. “Toe ek nog baie jonk was, het ek veral aanklank gevind by die stories wat met humor aangepak word. Selfs moeiliker temas was vir my beter vertel wanneer daar 'n humoristiese ondertoon is. Dis hoekom ek altyd grap en sê die pad na 'n leser se hart loop deur sy humorsin. Ek wil jongmense laat glimlag wanneer hulle lees – dit behoort nie 'n straf te wees nie.” Die jong Emma en Mia was al meer as een keer die kreatiewe inspirasie vir 'n boek. Hulle herinner hom dikwels om die wêreld deur die oë van 'n kind te beleef: ontvanklik vir die groot waarhede wat die “grootmense” dikwels ontglip en ywerig om die lewe te geniet eerder as om maar net bloot te leef. Moenie die knoppie druk nie is juis geskryf vanuit sy oudste dogtertjie se verwondering met 'n afstandbeheer en Grom vertel die “Lees is vir my 'n baie gewigte saak. Selfs voor hulle gebore is, het ek al vir hulle rympies en stories voorgelees. Buiten vir die feit dat lees kinders help om akademies te presteer, het dit só groot invloed op 'n kind se uitkyk van die lewe en die manier waarop hy of sy die wêreld verstaan. Lees verbreed werklik horisonne en help kinders om vrae te vra, selfs al is dit ook fiksie. “Ek is baie geseënd dat my jong- span baie lief is vir lees. Anderdag loop ons in die winkelsentrum en die enigste ding wat die klein Mia wou hê, was om in die boekwinkel te gaan draai. Dít is darem nou een van die oomblikke wat jy as ouer baie ingenome is met jouself,” vertel hy grappenderwys. Buiten gesogte toekennings soos die kykNET/Rapport-boekprys, die Alba Bouwerprys en talle ATKV- kinderboektoekennings, word twee van die skrywer se boeke, Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word en 'n Goeie dag vir boomklim, ook deur die Britse uitgewery One World in Engels vertaal. Jacobs, 'n kranige drawwer wat vanjaar al drie halfmarathons voltooi het, sê 'n roman vir volwassenes uit sy pen is nié onmoontlik in die toekoms nie. In dié stadium het hy egter nog “gans te veel pret” met die skryf van kinderboeke – iets wat volgens hom 'n “lisensie vir pret” is. “Ek sing in dié stadium nog soos ek gebek is,” lag hy. “Ek het ontsettend baie respek vir die jeugliteratuurgenre. In die verlede het ek al met 'n idee of twee vorendag gekom om 'n volwasse roman te takel, maar dan word ek keer op keer net weer ingetrek deur die wêreld van kinders en die manier wat hulle dinge beleef en ervaar. Daar is soveel wat ons kan leer uit hul insigte en uitkyke, soms dink ek hulle weet baie meer as ons. Dit is as't ware 'n lisensie vir pret – een wat ek nog vir baie jare wil gebruik.” Dít is 'n wonderlike eer, vertel hy, maar oor Afrikaans is hy ferm: hy het dit nog “nie één oomblik oorweeg” om in Engels te skryf nie. “Ek wou nog altyd net vermaak deur my skryfwerk. Elke toekenning is wonderlik en ek geringskat nie die waarde daarvan nie, maar dit is hoegenaamd nie iets wat my dryf nie. Ek word eerder gedryf deur die reaksies van kinders wanneer hulle die boeke lees en die gesprekke wat dit ontlok. My uitgewer het anderdag vir my die eerste voorbeeld van my jongste boek, Daar's nie 'n krokodil in hierdie boek nie, gestuur. Ek en Mia het dit saam gelees, en haar reaksie was Die Afrikaanse TAALSKRIF 9