flink ink | November 2017 | Page 3

UITGAWE 4 NOVEMBER 2017 op ons voorblad Jaco Jacobs: Die man met 'n verstommende verbeeldingswêreld in Afrikaans Redakteursbrief Novembermaand is vir kinders en studente 'n moeilike tyd, want dit is eksamentyd. Dit is egter ook 'n lekker uitsientyd na die vakansie wat voorlê as al die eksamenvraestelle afgehandel is. Vakansietyd is gesinstyd – soms die enigste kans in die jaar waar gesinne kwaliteit tyd saam met mekaar kan spandeer. Maak hierdie vakansie gebruik van die geleentheid en leef voluit saam met jou gesin! Die FAK het weer eens 'n baie besige maand gehad. Ons was die trotse kultuurvennoot van die regstreekse Sing in Harmonie op kykNET NOU!; en ons het toekennings uitgedeel by die Afri- Duetfees en die jaarlikse Prestige-aand waar ons kultuurleiers vereer vir die werk wat hulle doen. Op ons voorblad is die bekende jeug- en kinderboekskrywer, Jaco Jacobs. Hy het van kleins af van stories gehou toe hy sy al veel ouer neefs en niggies met stories vermaak het en wou nog altyd 'n skrywer geword het. Tot volgende maand! Chrisna Nel inhoud 3 4 5 6 7 Redakteursbrief So klink ons! Spiekeries Taalvyltjie Jaco Jacobs 10 Vakansietyd is gesinstyd 12 123 Blok myself 13 Hartsklanke van die vakansie 14 Churchill en Smuts 15 My man se skelmpie se skelmpie se vrou Die nag van legio 16 17 18 19 20 21 22 Chris Lamprecht Wolwe-dans 1925 band FAK Prestige-aand Sing in Harmonie Afri-Duetfees Leierskapkonferensie FAK-Hoofleier- simposium Daar kom die Alibama Tannie Poppie se kombuis CJ Langenhoven 23 Jukskeiwedstryd Kultuurkalender 'n e-pos Die FAK is 'n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat 'n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en ons trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder. Kontak ons: 012 301 1777 | [email protected] | www.fak.org.za Inhoud Advertensies [email protected] [email protected] Die Afrikaanse TAALSKRIF 3