flink ink | November 2017 | Page 22

CJ Langenhoven Dié groot Afrikaanse skrywer is op 12 Augustus 1873 te Hoeko in die distrik van Ladismith (Kaap) gebore. Hy word grootgemaak deur sy pa se broer en sy vrou en word op jong ouderdom reeds geboei deur die natuurskoon, sowel as deur die eg Afrikaanse gees van sy ouerhuis en die gesinne in die omgewing. Hy studeer Regte en vestig hom later jare op Oudtshoorn, waar hy as prokureur werksaam is. Hy begewe hom ook in die politiek en word lid van die provinsiale raad, parlementslid en senator. Aanvanklik skryf hy in Engels, maar begin mettertyd 'n stryd om die erkenning van Afrikaans te voer. Langenhoven, die woordkun- stenaar, durf 'n ryke verskeidenheid temas en genres aan, sodanig dat 22 16 Die Afrikaanse TAALSKRIF hy in die Afrikaanse letterkunde met reg 'n baanbreker genoem kan word. Hy gaan selfs taalskeppend te werk, soos blyk uit verskeie woorde wat hy aan die Afrikaanse taal geskenk het. Hy het 'n geweldige werkywer gehad en kon binne 'n paar dae werke van groot omvang laat verskyn. Een van die verdienstes van Langenhoven, waardeur hy 'n figuur van kultuurhistoriese betekenis geword het, lê daarin dat hy die Afrikaners wyd leer lees het. Hy is op 15 Julie 1932 oorlede. Sy omvangryke letterkundige nalatenskap word ná sy dood byeengebring in sestien lywige boekdele van ongeveer 400 bladsye elk, onder die titel Versamelde werke van CJ Langenhoven.