flink ink | November 2017 | Page 21

FL INK MET GESKIEDENIS Daar kom die Alibama “Daar kom die Alibama” is 'n tradisionele volksliedjie wat in die oorspronklike FAK-sangbundel ingesluit is. Die Alibama is eintlik die Amerikaanse oorlogskip, die CSS Alabama, maar in die Kaapse volksmond het dit die Alibama geword. Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog was die CSS Alabama deel van die Gekonfedereerde State van Amerika se vloot, maar pleks daarvan dat sy direk teen die Noordelike oorlogsvloot ingespan is, het sy die noordelike oseane deurkruis op soek na handelskepe. Hierin was sy uiters suksesvol en deur handelskepe te kaap, het sy wêreldbekendheid verwerf. Die CSS Alabama is in 1862 in die geheim deur John Laird Sons and Company in B irkenhead in die noorde van Engeland gebou in opdrag van die Gekonfedereerde State. Die skip is op 15 Mei 1862 te water gelaat en het aanvanklik as die Enrica bekend gestaan. Sy was 67 meter lank, is met 'n stoomenjin met 'n skroef aangedryf en het agt kanonne en 144 bemanningslede gehad. Nadat sy te water gelaat is, het sy na die Azores geseil, waar sy na die Gekonfedereerde State oorgedra is en op 24 Augustus 1862 tot die CSS Alabama herdoop is. Weens die blokkade van die Gekonfedereerde State se hawens deur die Unie-vloot kon die Alabama nie een keer by 'n Gekonfedereerde hawe aandoen nie. Daarom moes sy van neutrale hawens, soos Kaap-stad, gebruik maak. Gedurende haar vaart kaap sy 65 Unieskepe en word meer as 200 krygsgevangenes geneem sonder dat hulle enigsins leed aangedoen is. Hulle is trouens goed behandel en veilig in neutrale hawens of aan neutrale skepe besorg. Op 11 Junie 1984 kom sy by die Franse hawestad Cherbourg aan en toestemming word gegee dat sy in die droogdok herstel kan word. Die Noordelike vloot hoor egter hiervan en die USS Kearsage bereik Cherbourg omtrent dieselfde tyd. Sy blokkeer die ingang na die hawe terwyl daar op versterkings gewag word. Kaptein Semmes, wat toe in beheer van die CSS Alabama was, stuur 'n uitdagende boodskap deur middel van diplomatieke kanale aan die USS Kearsage. Op 19 Junie 1864 vind die geveg plaas en omdat die Kearsage se vuur meer akkuraat was, was dit eensydig, veral omdat die Alabama sonder die nodige herstelwerk moes klaarkom. Binne 'n uur het die Alabama begin sink; met 21 bemanningslede dood en 20 gewond. Die liedjie het ontstaan terwyl die CSS Alabama in Kaapstad aangedoen het om nuwe voorrade aan te koop, maar ook sodat gebuite skepe verkoop kon word, en daar word in die liedjie na die Alibama verwys. Tannie Poppie deel met ons 'n paar resepte vir Uit Poppie se Kombuis heerlike padkos! Taai hoendervlerkies Skotse eiers Genoeg vir 16 BESTANDDELE BESTANDDELE 50 ml braaisous 25 ml blatjang 25 ml tamatiesous 10 ml sojasous 10 ml heuning 16 hoendervlerkies METODE nou d swy land baar k i besk Altyd 'n wenner! Meng die braaisous, blatjang, tamatiesous, sojasous en heuning saam in 'n mengbak. Plaas hoendervlerkies in 'n oondbraaibak. Gooi sous oor die vlerkies en meng dit goed deur. Laat staan vir 1 uur. Verhit die oond tot 180°C. Plaas die vlerkies in die oond en oondbraai sowat 1 uur tot gaar en goudbruin. 1 ui, fyngekap Sonneblomolie om in te braai 700 g maer beesmaalvleis 5 ml droë gemengde kruie 2 ml knoffelpoeier 2 eiers, geklits Sout en peper na smaak 190 ml vars broodkrummels 6 eiers, hardgekook 1 pak (250 g) spekvleisrepe METODE Voorverhit die oond tot 180°C. Soteer die ui in 'n bietjie olie tot deurskynend. Meng met die res van die bestanddele, behalwe die hardgekookte eiers en spek. Voeg 'n klein broodpan met die spekvleisrepe uit. Druk die helfte van die vleismengsel in die pan. Pak die eiers in 'n ry bo-op. Druk die res van die vleismengsel op die eiers. Vou die spekvleisrepe toe en bak 25 minute lank. Die Afrikaanse TAALSKRIF 21