flink ink | November 2017 | Page 20

gehandhaaf word tussen kerk, gemeenskap en skool. Toekoms van Afrikaner- kultuurorganisasies Die FAK het op 31 Oktober 2017 'n Leierskapkonferensie aangebied in Lyttelton, Pretoria, om die toekoms van Afrikanerkultuurorganisasies te bespreek. Die konferensie is bygewoon deur verteenwoordigers van verskeie Afrikanerkultuurorganisasies en daar is besin oor die toekoms van Afrikaner- kultuur met spesifieke klem op die gesin, die gemeenskap en Afrikanerkultuurorganisasies. Die gassprekers wat opgetree het, sluit in: Prof. Danie Goosen (Voorsitter van die FAK), Christoff van Wyk (Bestuur- der: NP van Wyk Louw-sentrum), dr. Callie Opperman (Emeritus Predikant: Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid), dr. Danie Langner (Uitvoerende Bestuurder: FAK) en Flip Buys (Voorsitter: Solidariteit Beweging Trust). van privaat Afrikaanse skole wat hy help stig het, asook die Namibiese kultuurorganisasie, NETWERK vir Afrikanerbelange (Namibië). Dr. Danie Langer het in sy toespraak die interessante geskiedenis oor die ontstaan van Lyttelton uitgelê en hoe die kerk as anker binne die gemeen- skap gesorg het dat die area uitbrei en ontwikkel om in die behoeftes te voorsien van die gemeenskap. Hy het verder ook daarna verwys dat volhoubare gemeenskappe slegs teweeg gebring kan word as daar 'n sterk, selfstandige vennootskap Christoff van Wyk het in sy aanbieding gekyk na die toekomsscenario's wat ontwikkel is tydens 'n werkswinkel wat deur die FAK in samewerking met Frans Cronje van die Centre for Risk Analysis aangebied is. Die aanbieding het spesifiek gefokus op die toekoms van Afrikanerkultuurorganisasies en daar is gekyk na die moontlike sce- nario's wat in die toekoms kan uitspeel. Dr. Callie Opperman het 'n baie insiggewende bydrae gelewer deur die storie van Afrikaners in Namibië te vertel en hoe die klein groepie van bykans 50 000 hulself kultureel moes vind en herorganiseer na onafhanklik- wording in 1990. Sy toespraak het veral gefokus op die suksesvolle netwerk 20 Die Afrikaanse TAALSKRIF Die konferensiegangers was dit eens dat hegter samewerking tussen kultuurorganisasies van groot belang was in die huidige omstandighede en dat voorbehoude en besware wat dalk voorheen skeiding veroorsaak het, besig is om te vervaag wat dan ook beter samewerking moontlik maak. Ander temas wat ook tydens die oop gesprek na vore getree het, was 'n besorgdheid oor die jeug en hul skynbare onbetrokkenheid by kultuur- organisasies, asook die feit dat Afrikanerkultuurorganisasies indringend aandag sal moet gee aan hul befondsingsmodelle om te sorg dat hulle in die toekoms ekonomies volhoubaar kan voortbestaan. FAK-Hoofleiersimposium “Leierskap is 'n keuse en nie 'n posisie in 'n hiërargie nie.” – Stephen Covey Prof. Danie Goosen het tydens sy spreekbeurt 'n hoogs stimulerende en verrykende filosofiese begronding aangebied oor waarom die tradisionele gesin steeds die hoeksteen vorm van enige gesonde gemeenskap, asook hoe die verbrokkelende gesin herstel kan word. Flip Buys het in sy toespraak uitgewys hoe die Westerse beskawing oor kultuurskatte beskik wat hul gebring het waar hulle vandag is en dat Afrikaners op dieselfde trant oor hierdie voorsprong beskik. Die vraag wat egter gestel word is of hierdie “... historiese kultuurskatte en waardes (is) nog steeds erken word as deel van die oudste en nuutste suksesresepte in die wêreld.” Ontwikkel die jongleiers van jou skool se leierskapsvaardighede deur hulle na die FAK-Hoofleiersimposium te stuur van 1-3 Desember 2017 by die Sediba Kwêle Avontuurkamp. Hier help ons leiers om te groei deur 'n positiewe, Christelike omgewing te skep, waar hulle in aanraking kom met leiers van ander skole en leiers wat al jare se ervaring het, van die goed tot sleg van leierskap, dit alles in Afrikaans! Die FAK- Hoofleiersimposium is jou skool- of koshuishoofleiers se eenstop- leierskapkursus. Hier word leerders geïnspireer om by te dra tot 'n beter toekoms vir jou skool en gemeenskap. Maak gou – daar is net 120 plekke beskikbaar! KLIK HIER vir inskrywings of meer inligting.