flink ink | November 2017 | Page 19

Wenners teen wenners Op 21 Oktober 2017 is daar geskiedenis gemaak op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) toe 12 laerskoolkore vir die eerste keer in Suid-Afrika regstreeks op televisie deelgeneem het aan 'n koorkompetisie, Sing in Harmonie. Sing in Harmonie is reeds vir die vyfde jaar aangebied en sedert 2017 word die kompetisie met trots deur die FAK as kultuurvennoot ondersteun. Die afgelope vyf jaar se wenners het regstreeks teen mekaar meegeding vir die nasionale titel as laerskoolkoor van die jaar. Die struktuur van die kompetisie het daartoe gelei dat wenners teen wenners kompeteer en dus is dit die room van Suid-Afrika se skoolkore. Die laerskole wat deelgeneem het, is Constantiapark (Junior en Senior), Wonderboom, Kruinsig, Kameeldrift, Pretoria-Oos, Wierdapark, Anton van Wouw (Junior en Senior), Goodwood Park, Kenmere en Curro Aurora. Dit is vanjaar 80 jaar sedert die eerste FAK-Sangbundel verskyn het (1937- 2017). Deel van die mylpaal se vieringe het elke dirigent die nuwe FAK- Sangbundel ontvang wat hulle kon terugneem skool toe om die Afrikaanse musiekerfenis aan die jeug oor te dra. Met hierdie bundel en liedjies kan ons kinders op die lirieke van Afrikaanse musiek in die toekoms baljaar. Suid-Afrika se top laerskoolkore is: • Laerskool Kruinsig (Kykerskeuse) • Laerskool Anton van Wouw (Junior) • Laerskool Anton van Wouw (Senior Informeel) • Laerskool Kenmere (Senior Formeel) Die volgende pryse was op die spel: • ' n Klavier ter waarde van R40 000, geskenk deur Bennie Dekker Klaviersentrum • R10 000 kontant vir elke kategoriewenner (Junior, Senior Formeel en Senior Informeel) • Elke dirigent ontvang die nuutste FAK-Sangbundel (Volume 2, Uitgawe II) • Elke kategoriewenner ontvang 'n 10-snit CD-opname ter waarde van R20 000 • Elke deelnemer ontvang 'n FAK- deelnamesertifikaat Die kleurryke kompetisie sal sy talent in 2018 weer met kykNET NOU! kykers deel. Hou ink dop om te sien wanneer jy kan inskakel. Stemwysie van Heidi leef voort Die immer gewilde Afri-Duetfees is vanjaar op 20 Oktober aangebied by die ZK Matthewsteater te Pretoria. Dié fees word reeds vir vier jaar deur die Gereformeerde kerke Andeon en Bergsig aangebied. Tydens die fees tree kunstenaars in duetformaat op en bied vir die gehoor 'n luisterryke ervaring. 'n Hoogtepunt tydens vanjaar se Afri- Duetfees was die FAK Prestige-toekenning wat aan Carike Keuzenkamp oorhandig is vir haar positiewe bydrae tot Afrikaanse musiek vir 'n loopbaan wat strek oor die afgelope 50 jaar. Dr. Danie Langner, Besturende Direkteur van die FAK het vertel dat dié toekenning nie net aan Keuzenkamp oorhandig word omdat ons 'n liefde gekry het vir ons taal en kultuur deur haar liedjie