My Man se Skelmpie
se Skelmpie se Vrou
Resensie deur: Christa Steyn
John Chapman, met die titel Not Now
Darling, geskryf en aanvanklik deur
Wim Vorster vertaal.
Lefra Produksies, wat ook die
suksesvolle Groet die Grotman en
Daa'Gaat die Bruid op die planke
gebring het, het vanjaar weereens
gesorg vir groot vermaak met My Man
se Skelmpie se Skelmpie se Vrou.
Frans Swart, wat bekend staan as
Suid-Afrika se klugkoning, het die regie
en teksverwerking behartig. Die teks is
oorspronklik deur Ray Clooney en
Gebeure speel in Schaap, Schaap en
Zuma se swierige pels-salon in
Sandton af. Die ekstrovertiese Arno
Schaap, gespeel deur Wynand van
Vollenstee, besluit om 'n wulpse
ontkleedanseres, Janie (Jennifer
Myburg), met 'n peperduur pelsjas te
verlei, maar dan besef hy dat haar
man, Harry Vlok, gespeel deur Phillru
van Achterbergh, onheil sal vermoed
as sy met die jas by die huis opdaag.
Wanneer Arno die prys verlaag, en
Janie se man dit vir sy skelmpie, Sue
Knoll (Anel du Plessis) koop, is dit
slegs die begin van 'n hele rits
skreeusnaakse gebeure. Die res van
die rolverdeling sluit Ana van
Achterbergh, Botha Enslin, Marissa
Claasen, Francois van Rensburg,
Rouel Beukes en Elma Potgieter, in.
Swart erken dat hy al aan vele maltrap
produksies gewerk het, maar dat
híérdie een sonder twyfel die 'malste'
klug van almal is.
*My man se Skelmpie se
Skelmpie se Vrou is vanaf
28 November tot 2 Desember
te sien by die Atterbury Teater.
Kaartjies beloop R160/R180 en is by
Computicket beskikbaar.
Vir meer inligting en besprekings
besoek die webblad of skakel
012 942 5951.
DIE NAG VAN LEGIO
Albert Maritz trek in 2017 'n nuwe baadjie vir PG du Plessis
se debuut-roman, Die Nag van Legio (1969), aan.
In 1969 het die roman groot opslae
gemaak met ongekende taalgebruik en
kwessies wat die publiek ongemaklik
gelaat het. Maar ten spyte hiervan het
dit destyds groot sukses in teaters
behaal. Dié sielkundige riller het
onderskeidelik in 1970 en 1972 vir Du
Plessis die WA Hofmeyr-prys en die
Hertzogprys in die sak gebring.
af wat deur die verloop van die aand
deur 'n vyfde pasiënt begroet word.
Pasiënte is slegs pionne in die stryd
tussen goed en kwaad en die
universele temas wat aangeraak word,
naamlik massahisterie, demoniese
besitname, magspel en manipulasie en
die onderwerping van die individu, is
vandag net so relevant soos 44 jaar
gelede toe die drama vrygestel is.
Resensie deur: Christa Steyn
*Die Nag van Legio is vanaf
14-19 November 2017
te sien by die Kunstekaap Teater.
Kaartjies beloop R120 p.p. en is
beskikbaar by Computicket.
Geen o/18's word toegelaat nie.
Vanjaar stof Maritz, wat verantwoordelik
is vir die regie, hierdie roman af én
bring vernuwing met 'n paar komiese
elemente. Na die suksesvolle
speelvakke by die afgelope jaar se
Innibos en Vrystaat Kunstefeeste, kan
Kapenaars ook nou hul kunstevere
regskud vir die verhoogproduksie wat
vanaf 14-19 November by die
Kunstekaap Teater te sien is.
Die bekroonde rolverdeling sluit Andre
Roothman, Gerben Kamper, Duncan
Johnson, Deon Lotz, Francois Jacobs,
Rian Visman, Hein Poole en Francois
Potgieter in. Gebeure speel in 'n saal
met vier geestelikversteurde pasiënte
Die Afrikaanse TAALSKRIF
15