flink ink | November 2017 | Page 14

OP ONS KULTUURRAK 'n Vars blik op Churchill en Smuts se vriendskap CHURCHILL EN SMUTS HET 'N MERKWAARDIGE VRIENDSKAP GEHAD, WAT OOR DIE VERLOOP VAN 50 JAAR EN DUISENDE KILOMETERS GESTREK HET. DIÉ BOEK VERTEL ALBEI SE AFSONDERLIKE VERHAAL IN BREË TREKKE, MAAR FOKUS VERAL OP DIE TYDGREPE WAAR HUL PAAIE KRUIS. Churchill & Smuts: Die vriendskap, deur Richard Steyn Jonathan Ball Uitgewers, 2017 Richard Steyn, wat as voorloper tot dié boek 'n boek net oor Jan Smuts gepubliseer het, toon sy vernuf as navorser en skrywer. Die boek skets eerstens albei karakters se agtergrond – en hoe totaal uiteenlopend dit was. Terwyl Churchill uit 'n uiters gegoede en gesiene familie stam en aan net die beste gewoond is, kom Smuts uit 'n eenvoudige boeregesin sonder veel voorregte en geleenthede in sy kinderdae. Churchill se welgestelde agtergrond laat 'n bepaalde arrogansie by hom wortelskiet – iets wat gedurende sy lang politieke loopbaan soms tot sy voordeel gestrek het, maar meer dikwels kritiek ontlok het, veral in sy jonger dae. Hy het self erken dat hy 'n egoïs is – “Wat sal van jou word as jy nie een is nie?”. Hoewel sy familiebande hom aanvanklik 'n onteenseglike voordeel gegee het, het sy vermoëns en vasberadenheid mettertyd van hom 'n verdienstelike politikus en openbare figuur gemaak. Eweneens het Smuts se skerpsinnigheid en hardwerkendheid hom van die groep onderskei, sodat 'n sekere arrogansie wat by hom ontwikkel het vir sy ondersteuners geregverdig is, terwyl sy kritici dit altyd teen hom gehou het. aksent en op hoë staccato-tone ... Min van Churchill se kollegas in die Britse regering se woorde het dieselfde gewig gedra.” Albei karakters het uiters belangrike rolle op die internasionale verhoog gespeel, veral in oorlogstyd. Churchill was midde in die besluitnemingsprosesse as deel van die Britse parlement gedurende albei die wêreldoorloë, terwyl generaal Smuts se kundigheid en ervaring wat hy tydens die Anglo-Boereoorlog opgedoen het, spesiaal ingeroep is om met moeilike besluitneming te help. Hy is tydens die Eerste Wêreldoorlog as lid van die Britse oorlogskabinet aangestel en dieselfde posisie in die Tweede Wêreldoorlog aangebied, wat hy weens verpligtinge in Suid-Afrika van die hand gewys het. Baie van die korrespondensie tussen Churchill en Smuts is in die boek gepubliseer. Dié briewe getuig van wedersydse hoë agting en respek op professionele vlak, asook 'n noue persoonlike band met meelewing. Daar word heelwat uitgewy oor die verloop van die wêreldoorloë en rolle wat die twee mans daarin gespeel het, danksy die oorvloed korrespondensie en aantekeninge wat juis oor dié tyd handel. Ander rolspelers word ook genoem, soos die Indiër Gandhi, Frankryk se Charles de Gaulle, Italië se Mussolini, Hitler, die Rus Stalin en president Roosevelt van die VSA. Churchill en Roosevelt het hegte vriendskappe met Smuts gesmee en sy staatsmanskap openlik bewonder. So is Smuts in 1941 as ereveldmaarskalk van die Britse leër aangestel. Dié aanstelling was egter vir sy Afrikaner-Nasionale teenstanders nog 'n bewys dat hul eerste minister nou meer Brits as Suid-Afrikaans was. Smuts was die enigste eerste minister in die dominiums op wie se mening Churchill werklik ag geslaan het. In die woorde van Churchill se privaat sekretaris, sou die premier “aandagtig luister na die woorde van wysheid, uitgespreek met 'n [Suid-Afrikaanse] Die boek bevat ook staaltjies en vertellings oor hul geaardhede en hoe ander mense hulle ervaar het. So het die koerant waarvoor Churchill in sy jong dae gewerk het, die Morning Post, byvoorbeeld opgemerk dat “ofskoon ons nog nie 'n onsinkbare skip ontwerp het nie, ons die onsinkbare politikus ontdek het”. Ná die oorloë was daar ook talle kleurryke vertellings van hoe dit was om vir die veeleisende Winston Churchill te werk en sommige daarvan is in die boek vervat, asook vertellings van Churchill se beroemde