flink ink | November 2017 | Page 10

Dink is gesinstyd deur Evelyn Ferreira “Ek het hulle daar tussen die varings gesien, Mamma!” roep my driejarige seun tydens een van ons gesinsvakansies 'n hele aantal jare gelede. Ons huur 'n houthuis met 'n groot stoep wat uitkyk op 'n varingwoud by Nature's Valley. Aan die een kant die berg met sy digte plantegroei met huise versteek tussen die bosse en hoë bome en aan die ander kant die see. Jy stel 10 Die Afrikaanse TAALSKRIF jou voor die hemel kan miskien net so lyk. Dalk 'n ietsie mooier en nog meer fantasties. fantasie-ervaring. En hy wil dit net so onthou… presies so. Dit was vakansietyd, gesinstyd. Ja, dis 'n elfie en 'n paar feetjies wat hy van die stoep af tussen die varings gesien het. Ons het dan vir hom gesê hy moet op die uitkyk wees vir hulle. Ons praat vandag, amper vyf-en-twintig jaar later, nog met hom as jongman oor hierdie Gesinsvakansies is mos onthoutye. Ons onthou die vroegoggende se saam see toe gaan en die terug- kom so teen tienuur se kant vir 'n lekker groot ontbyt om dan weer vroegaand, as die son sak, die vuur aan te steek vir die aand se