Die Druppel December 2013 | Page 8

"Smart" Elektriese Meters

Hiermee ‘n paar punte ivm die nuwe “Smart” Elektriese meters.

Die meters is slegs in privaat woonhuise geinstalleer, geen besighede mag so ‘n meter hê nie.

Dit is ‘n loodsprojek wat die Stadsraad van stapel gestuur het, maar… weereens is die regte prosesse nie gevolg nie. Daar is begin met ‘n tender proses waar verskeie plaaslike ondernemings getender het. Daardie tender proses is totaal geignoreer en die Stadsraad het hulle eie verskaffer genader. Volgens Mnr Malema het hulle twee maatskappye geidentifieer wat hulle genader het vir tenders. Die tender is aan PMCA toegestaan. Die loodsprojek is gratis vir ses maande, daarna gaan die prys per meter bepaal word en sal die inwoners dus vir die meters moet betaal. ‘n Delegasie van die Sakekamer het met Mnr Malema gaan praat, verskeie dokumente en besluite is aangevra maar tot nou nog geen antwoord terug ontvang. Dus: Die Sakekamer staan die proses teë aangesien die korrekte stappe nie gevolg is nie. Verdere samesprekings met die Stadsraad sal aangaande hierdie aangeleentheid gevoer word.

Die Boorgat saak van 2012 is nogsteeds aan die gang met die Munisipale Bestuurder wat voortdurend uitstel vra. Die Voorsitters Forum se prokureur, Mnr Henk Cilliers en Advokaat Frik Erasmus is besig om voor te berei op ‘n repliek aangaande stukke wat die Munisipaliteit se prokureurs aan hulle oorhandig het. In die Interdik wat daar verkry is in Desember 2012 is daar duidelik uiteengesit dat die STadsraad nie mag voortgaan met die implementering van die Water By-wet nie, hulle het dit geignoreer en voortgegaan en die Water By-wet gepromulgeer. ‘n Oortreding van die interdik. Ons sal u op hoogte hou aangaande hierdie aangeleentheid.

By-wette

Hierdie is belangrike wette wat die werkswyse van die polisie en Munisipaleit bepaal. Daar is 30 bywette waarvan sommiges gepromulgeer is en ander is slegs op “draft” lê op die Munisipaliteit se webwerf. Daar moet dringend en indringend na hierdie bywette gekyk word. Die Voorsitters Forum is tans besig om die bywette te versprei onder die lede. U sal dalk eersdaags ‘n oproep kry van Riana Bekker of u organisasie se verteenwoordiger op die Forum. WErksgroepe sal gestig moet word om na al hierdie bywette te kyk. U hulp word gevra met hierdie projek. Skakel ons kantore indien u sou belangstel om van hulp te wees hiermee. Dit is omdat ons dorp sonder bywette probeer funksioneer dat daar soveel chaos heers!

Nuwe Besighede

Reik asseblief uit na die jong besighede en besigheids mense in ons gemeenskap! U het ervaring en soveel inisiatiewe wat u kan deel met hulle! Dit gaan oor ons dorp se voortbestaan. Nuwe besighede moet asseblief ook enige tyd een van die bestuurslede skakel indien u probleme ondervind. Ons sal graag u van hulp wil wees.

Nuwe uitbreidings en Ontwikkelings

‘n Nuwe uitbreiding, nr 32 is gestig. Die nuwe Thabazimbi Mall se fondasies word gegrou en sal in 2015 voltooi wees.

Our town

8