Die Druppel December 2013 | Page 7

Hanteer swangerskap in die werksopset

Kan swanger vroue werk dwarsdeur hulle swangerskap?

‘n Gesonde dame met ‘n normale swangerskap wat in ‘n veilige werksomgewing is, sal kan werk tot baie naby aan die dag wat haar baba gebore word. Sy kan wel na die einde van die swangerskap gou moeg raak. Dokters stel gewoonlik voor dat sy ‘n week of twee voor die geboorte ophou werk.

Wat van swanger dames wat ‘n fisies veeleisende werk het?

In sommige beroepe sal dit nodig wees om aanpassings te maak vir ‘n vrou wat swanger is. Vroue wat swaar voorwerpe moet optel, vir lang periodes staan en wat ongereelde en baie lang ure werk, het ‘n vergrote risiko om vroegtydig in kraam te gaan, of ander komplikasies te ontwikkel soos hoë bloeddruk tydens swangerskap.

Vroue wat fisiese werk doen, moet hulp ontvang gedurende swangerskap (kollegas hanteer swaar voorwerpe terwyl sy iets anders kan doen), of sy moet alternatiewe take en werk gegee word om te doen. Swanger dames kan nie teen stellasies of lere opklim, swaar voorwerpe optel of werk in ‘n area waar daar moontlik toksiese gasse ingeasem kan word nie. Werksaanpassings sal moet gemaak word in sulke gevalle.

Hoe om professioneel te bly gedurede swangerskap?

‘n Swanger vrou moet steeds professioneel kan optree by die werk, en dit help om te weet hoe die swangerskap ‘n vrou kan beïnvloed by die werk. Gedurende die eerste en laaste trimesters kan moegheid, ongemak en vergeetagtigheid of gebrek aan konsentrasie verwag word. Gedurende die tweede trimester sal energie-vlakke weer toeneem en fokus op werk sal verbeter. Swanger vroue moet probeer om nie te veel te kla of praat oor hulle swangerskap nie. Hulle moet op-en -wakker wees by die werk rondom kollegas en hul toegelate blaaskans soos middagete-breuk gebruik om te doen wat hul graag wil.

Hoe kan swanger vroue gemakliker wees by die werk?

Hulle moet hulle toegelate ruskanse benut. As hulle die heeltyd staan, moet hulle met tye sit en hulle voete eleveer, of rondloop om die bloedsirkulasie te verbeter. As hulle die heeltyd sit, moet hulle elke 2 uur ten minste opstaan en rondloop. Dit sal swelling in die voete en enkels verlig. Gemaklike skoene en los klere sal ook help om gemak te verseker. Swanger vroue moet ook nie aan te veel stres blootgestel word nie. Hulle moet tye weg van die werk af gebruik om te rus. Hulle moet nie oortyd ure werk nie, veral nie wanneer die werk fisies veeleisend is nie. Hulle moet ook die hulp aanvaar van medewerkers wanneer dit aangebied word.

Werkgewers moet probeer om hulle swanger werknemers te ondersteun sover hulle kan en hulle akkommodeer soos nodig om hulle werk te vergemaklik. ‘n Goeie verhouding tussen werkgewer en ‘n swanger werknemer sal die swangerskaps-tydperk baie meer aangenaam maak vir beide partye.

Dr Jaco Marais

Wat sê die dokter

7