Die Druppel December 2013 | Page 2

Die Druppel, Desember 2013

Uit die Voorsitter se pen

Voorsitter

2

En daar is 2013 ook amper iets van die verlede…

As ons met besigheidspersone in die dorp gesels was dit vir baie ‘n uitdagende jaar. Die onsekerheid wat met stakings gepaard gegaan het, swak dienslewering en ‘n verbruikersbeursie wat met tye redelik styf toegehou is word as van die redes voorgehou.

Die goeie nuus is dat uitdagende tye die broeikas vir innovering is. Innoverende diensleweringsmetodes, innoverende denke om uitgawes beter te bestuur, en as ons hard genoeg dink, selfs nuwe innoverende produkte.

Daarom stel ek voor dat elke besigheidspersoon tyd in die dagboek pen om diep en sorgvuldig oor 2013 na te dink om sodoende die beste van die broeitydperk te maak. Ek sien uit om te kyk wat in 2014 gaan uitbroei!

Ek gaan nie nou ‘n terugblik op 2013 doen nie, aan-gesien ons dit by die algemene jaarvergadering met mekaar sal deel, maar gun my die geleentheid om aan elke sakekamerlid dankie te sê vir hul deelname en bydraes in ons herstigtingsjaar. Die Thabazimbi Sakekamer is weer ‘n erkende belangegroep en ons doelwit sal bly om ‘n belangegroep te wees wat sinoniem met vooruitgang gesien word.

Ook wil ek graag die Sakekamerbestuur bedank vir hul onbaatsugtige werk en ure se opoffering om met ander belangegroepe te ontmoet, te onderhandel en te netwerk, funksies te reël, beplanning te doen en, en, en… Die persone se besighede moes dikwels aan die agterspeen suig vir die breër belang en die besighede se sakke was ook diep as dit by bydraes gekom het om werksaamhede en funksies ‘n sukses te maak. Julle is ‘n skitterende groep mense! Baie dankie!

‘n Geseënde feestyd word elkeen toegewens. Rus lekker en mag ons die nuwejaar met ywer en

innoverende energie aanpak om ons mooi dorpie op die ‘map’ te plaas.

Jacques Blaauw

And there 2103 is almost something of the past ...

If we interact with business people in town many remark that it was a challenging year. The un-certainty associated with strikes accompanied by poor service delivery and a consumer wallet that at times was held very tight, are cited as some of the reasons.

The good news is that challenging times are often the incubator for innovation… innovative service delivery methods, innovative thinking to improve cost management, and if we think hard enough,

even new innovative products. I propose that every business person book time in their diary to reflect on 2103 and carefully consider what to make of the breeding period we had. I really look forward to see what 2014 will hatch!

I will not look back at 2013 now, as we will share these thought at the annual general meeting

with each other, but allow me the opportunity to thank each business chamber member for their

participation and contributions in our re-establishment year. The Thabazimbi Business Chamber is once again a recognized stakeholder group and our goal will remain to be a stakeholder that will be synonymous with progress.

I would also like to recognise the business chamber management for their selfless work and hours of sacrifice to meet with other stakeholders, negotiate and network, arrange functions, planning and, and, and... These members businesses often had to suck the hind tit for the broader business community’s interests and their pockets were also deep when it came to contributions towards the success of our operations and functions. You are a brilliant group of people! Thank you!

I wish everyone a blessed festive season. Rest well and may we approach the new year with vigor and innovative energy to put our beautiful town on the 'map'.

Jacques Blaauw

Uit die Voorsitter se pen