Agri Kultuur September / September 2016 | Page 79

Braai oor warm kole tot medium of medium rou, laat rus vir 4 to 6 minute. Vir die braaibroodjie smeer alle snye met botter aan eenkant, smeer dan ook met pesto. Gooi klein bietjie van die kaasmengsel tussen die buitenste twee snye. Sit dan die repies spek en tamatie op en strooi dan die res van die kaasmengsel op. Sout en peper na smaak. Terwyl die sosatie rus krap al die kole uit na eenkant. Plaas broodjies op rooster aan die kant waar kole weg is. Broodjie moet op lae hitte gebraai word sodat die kaas lekker kan smelt en mooi goudbruin word. Kgalagadi Lodge en Restaurant is geleƫ tussen die rooi duine van die Kalahari, net 5km voor die bekende Kgalagadi Oorgrenspark. Besoek gerus http://www.kgalagadi-lodge.co.za/ vir meer inligting of om 'n bespreking te maak by die lodge.