Sarel Jacobus Koortzen
Kgalagadi Lodge restaurant
Lente is hier en net soos ons Suid-Afrikaners is, kan sal ons vir enige en elke geleentheid
vuur aansteek. Hier is ‘n heerlike en maklike springbok filet sosaties toegedraai in repies
spek resep met ‘n interessante sampioenbotter met basilie pesto, tamatie, mozzarella- en
spekbraaibroodjie.
Vir die sosatie
400 gram springbok filet in wiele
van 5 cm gesny
120 gram spek
60 g sampioene fyn opgekap
Halwe ui fyngekap
50 gesoute botter
1 groot groenrissie
1 heel vars pynappel
Growwe sout en peper na smaak
Braai marinade
Vir die braaibroodjie
4 snye wit of bruin brood
45ml basilie pesto
30 ml botter
80 gram mozzarella kaas
30 gram sterk cheddar
3 repies spek, vooraf gebraai
1 tamatie, skyfies gesny
Metode
Gooi olie in pan en braai uie tot goudbruin, voeg sampioene in en braai tot sampioene sag en
gaar is. Sprinkel met sout en peper en laat bietjie afkoel.
Wanneer uie mengsel lou na koud is roer botter by en laat afkoel.
Lê solank filet wiele in, in die sap van 1 suurlemoen, 80 ml olyfolie en baie growwe swart
peper.
Sit filet wiele plat neer met grein na onder. Met ‘n skerp mes, maak ‘n sny teen die kant van die
filet wiel om ‘n sakkie te vorm. Met ‘n teelepel skep sakkies vol uie- en sampioenmengsel. As
daar oorbly kan dit teen die kante gesmeer word. Draai dan toe met spek en gebruik
sosatiestokkie om spek in plek te hou. Herhaal met al die filet wiele, gebruik die soetrissie en
pynappel om tussenin te sit.