Agri Kultuur September / September 2016 | Page 7

400 Reenval afwyking (mm) 300 200 100 0 -100 -200 2015/16 2009/10 1999/00 1989/90 1979/80 1969/70 1959/60 -300 Seisoen (1 Julie - 30 Junie) Figuur 1 Jaarlikse (seisoen) totale reënval uitgedruk as die afwyking (mm) vanaf die gemiddeld vir Noordwes Provinsie sedert 1959/60 onthou word dat indien ‘n versekeringsproduk duur is, dit gewoonlik ook ‘n aanduiding is van die risiko wat die produsent in gedagte moet hou. Neem ‘n voorbeeld: Die Multi-risiko versekeringstarief as persentasie van die versekerde waarde, is meer as drie keer hoër in Lichtenburg in Noordwes as in Middelburg in Mpumalanga. Hoekom? In ‘n ontleding is gevind dat daar oor die langtermyn ‘n ongeveer 30% waarskynlikheid is om nie insetkoste te verhaal in Lichtenburg nie, dit wil sê in drie uit tien jaar sal ‘n boer in Lichtenburg ‘n verlies maak. Hierdie syfer hang natuurlik af van die kommoditeitsprys en is die berekening gedoen op ‘n mielieprys van ongeveer R2500/ton. Met laer pryse en hoër insetkoste kan die aantal jare waarin verliese gemaak word, vermeerder. Daarenteen sal ‘n goeie boer in Middelburg, Mpumalanga in slegs ongeveer 10-15% van die jare nie gelykbreek nie. Hoe versekerbaar is die graanproduksiegebiede van Suid-Afrika? Hierdie vraag kan ook anders gestel word, naamlik: Hoe lewensvatbaar en volhoubaar is graanproduksie soos dit tans bedryf word? Dit is nie net droogte wat swak opbrengste veroorsaak en verliese tot gevolg het nie, dit is ook geldig as laer kommoditeitspryse voorkom. Stygende insetkoste maak die risiko vir verliese ook baie groter. Die kwessie van agtereenvolgende swak jare maak dat volhoubaarheid baie moeilik is want om twee of drie misoeste “op te vang” is nie maklik nie. Elke produsent sal strategies moet dink of sy produksiestelsel volhoubaar is oor die langtermyn. Dit kan dalk raadsaam wees om in goeie jare ‘n verandering aan die tipe boerdery of boerderystelsel te doen want tydens droogtes kan eintlik niks gedoen word behalwe om te probeer oorleef nie. Gevolgtrekking Die kwessie rondom Multi-risiko oesversekering is eintlik maar net ‘n simptoom van die riskantheid van graanproduksie in groot dele van Suid-Afrika. Daar is nie werklik goedkoper en meer akkurate alternatiewe vir Multi-risiko oesversekering in die huid ige vorm nie want maak nie saak watter metode of produk gebruik word nie, die inherente risiko (en prys) bly dieselfde. Alhoewel Multi-risiko oesversekering in sy huidige vorm arbeidsintensief is, is dit steeds die enigste versekeringsproduk wat die individuele risiko vir ‘n kliënt volledig dek.