Agri Kultuur September / September 2016 | Page 6

Johan van den Berg A lhoewel die benaming “Multi-risiko versekering” aandui dat meer as een gevaar gedek word, is by verre die meeste Multi-risiko versekeringseise in Suid-Afrika as gevolg van droogte. Multi-risiko versekering is presies wat dit sê, naamlik dat dit ‘n omvattende dekking verskaf mits goeie boerdery praktyke toegepas word. Die individuele kliënt word teen sy eie geskiedkundige opbrengs gemeet en die verskil tussen die waarborgopbrengs en die gestroopte opbrengs word as ‘n eis uitbetaal. genoeg geld moet geallokeer word om seker te maak eise kan uitbetaal word in hierdie “katastrofiese” jare. Droogte kom oor groot gebiede voor met gevolglike baie groot eisbedrae en nie kol-kol soos met die voorkoms van byvoorbeeld hael nie. Die koste om hierdie kapitaal beskikbaar te hou is hoog want dit kan nie vir iets anders gebruik word nie. Daar moet maklik ten minste ses keer meer kapitaal gereserveer word as wat die premie inkomste is. In die geval van haelversekering is dit ‘n fraksie hiervan. Wat is die stand van Multi-risiko oesversekering in Suid-Afrika? Met drie uit die laaste vier jaar met groot Multi-risiko eise as gevolg van droogteskade, het dit selfs die langtermynresultate van Multi -risiko versekering baie geërodeer. Dit het tot gevolg gehad dat daar beperkings op hierdie tipe van versekering ingestel is in die afgelope seisoene. So byvoorbeeld het bestaande kliënte voorkeur gekry om weer te verseker indien die risiko aanvaarbaar is. Dit is dus belangrik dat daar ‘n langtermyn versekeringsgeskiedenis opgebou moet word tussen die versekerde en die versekeraar. Dit stel die versekeraar in staat om na individuele tariewe vir kliënte te kyk en laer tariewe te gee vir boere wat goeie risikobestuur doen. Indien daar net in swak jare verseker word, sal die tariewe net aanhou styg. Daar word beraam dat ongeveer 20% van die totale somergraanoppervlakte in Suid-Afrika dekking geniet onder Multi-risiko oesversekering. Dit speel ‘n belangrike rol as sekuriteit vir produsente wat van insetfinansiering gebruik maak. Multi-risiko oesversekering het nog altyd ‘n belangrike rol gespeel om te verseker dat produsente volhoubaar kan boer, veral in die laaste paar droogte jare. Multi-risiko oesversekering moet in ‘n langer tydskonteks gesien word as enkele jare. Die geskiedenis het gewys dat produksietoestande en reënval dikwels groepeer in reekse van natter of droër jare. Neem byvoorbeeld die droogtes van 1964 tot 1967, vanaf 1982 tot 1987, weer vanaf 1991 tot 1996 en dan ook die droër jare vanaf 2001 tot 2007 (Sien Figuur 1 as voorbeeld vir die Noordwes provinsie). Korttermynresultate is dikwels baie “skeef” as gevolg van hierdie agtereenvolgende droë of nat jare. Die probleem is egter dat die jare waarin daar wel eise voorgekom het, dit groot bedrae beloop het. Uit ‘n versekeraar se oogpunt is dit ook problematies want Koste van Multi-risiko oesversekering Daar is geen versekeringsproduk wat die uitgebreide dekking gee wat Multi-risiko versekering gee nie. Dit is een van die redes waarom dit relatief duur is. Alhoewel dit vanaf ‘n versekeringsmaatskappy se kant arbeidsintensief is, is die koste om dit te bestuur relatief min teenoor die versekeringskoste om die risiko’s te dek. Daar moet egter