Agri Kultuur September / September 2016 | Page 56

Marguerite Badenhorst Luttig Badenhorst Fourie Prokureurs ’n Prokureur is ‘n persoon met ‘n regsgraad, wie klerkskap gedoen het en vier toelatingseksamens van die Prokureursorde geslaag het. Hy word deur die Hoërhof toegelaat om as prokureur te praktiseer. ‘n Prokureur kan alle regswerk doen, uitgesluit die werk, wat gereserveer word vir notarisse en aktebesorgers, soos hieronder bespreek. Hy kan onder andere, litigeer in die hof, kontrakte opstel, egskeidings hanteer en derdepartyeise (as gevolg van motorongelukke), hanteer. ‘n Notaris is ‘n prokureur wat ‘n verdere eksamen geskryf het en ‘n aanvullende kwalifikasie verwerf het. Hy word deur die Hoërhof toegelaat om as notaris te praktiseer. ‘n Notaris moet ‘n protokol hou waarin hy afskrifte plaas van alle dokumente wat voor hom verly is. Daar is sekere dokumente, byvoorbeeld, ‘n huweliksvoorwaardekontrak en ‘n notariële serwituutakte van byvoorbeeld, vruggebruik, wat slegs deur ‘n notaris opgestel en verly mag word. Dokumente, vir gebruik in die buiteland, moet voor ‘n notaris geteken word en die notaris moet sertifiseer dat dit voor hom geteken is. Slegs ‘n notaris kan dokumente, vir gebruik in die buiteland, sertifiseer as ware afskrifte.