Agri Kultuur September / September 2016 | Page 51

bekend gemaak is, het die Wes-Kaap se krisis met misdaad duidelik uitgewys. Die landbousektor spring die stygende misdaadaanslag nie vry nie. Dit blyk duidelik uit onder meer die veediefstalsyfer wat in die Wes-Kaap met 3,6% toegeneem het terwyl dit landwyd met 1% gedaal het. Sou daar amptelike statistieke beskikbaar wees vir vrugtediefstal, groentediefstal en diefstal van landbou-infrastruktuur, sou die grafiek volgens Agri Wes-Kaap se data ook ‘n definitiewe styging toon. Sommige produsente in die Wellington-omgewing het al byvoorbeeld totale sitrusboorde tot niet maak omdat vrugtediefstal dit onmoontlik maak om volhoubaar daarmee voort te gaan. 24 uur privaatsekuriteit is onbekostigbaar en misdadigers word ten spyte van herhaaldelike oproepe in die media steeds ondersteun deur motoriste wat gesteelde vrugte langs die pad koop. Dit word ook in informele nedersettings verkoop. Op Philippi op die Kaapse Vlakte, wat al vir dekades met drie groente-oeste per jaar ‘n belangrike rol in die voedselsekerheid van die provinsie speel, maak produsente voorsiening dat minstens 10% van hul oes waarskynlik gesteel gaan word, deesdae helder oordag. Kaapse wetstoepassers het al na vrugte- en groente-diefstal as “petty crimes” verwys – ʼn aanduiding van die totale onkunde wat voedselsekerheid, bekostigbare voedsel en die rimpeluitwerking van misdaad op die ekonomie, betref. Die koste van die skade wat misdadigers aan boorde, wingerde en lande aanrig, word nog nie bygereken by die skade aan die verlies van produkte nie. Ook nie die miljoene rande se skade wanneer pompe, heinings, spilpuntwiele, kabels, pype en ander infrastruktuur gesteel word of wanneer produkte skade ly omdat besproeiingsiklusse in kritieke produksietye as gevolg van diefstal onderbreek word nie. Geweldsmisdade op plase en in landelike gebiede neem ook toe, wat uiters kommerwekkend is. Agri Wes-Kaap het die strategie reeds aan verskeie rolspelers, onder meer munisipaliteite, voorgelê wat aangedui het dat hulle in die plan inkoop en opgewonde is om aan die implementering daarvan deel te neem.