Agri Kultuur September / September 2016 | Page 50

A gri Wes-Kaap is in die proses om ‘n strategiese oplossing vir misdaadbekamping aan verskeie rolspelers vir hulle steun voor te lê. Dié plan om misdaad aan te spreek is deur Agri WesKaap se beleidskomitee vir landelike veiligheid opgestel. Agri Wes-Kaap hoop om dit binnekort aan die Wes-Kaap Wetgewer voor te lê. Agri Wes-Kaap, sê maatskaplike verval het gelei tot ‘n situasie waar daar geen respek vir die wet, wetstoepassers, gesagstrukture en dissipline in huishoudings en gemeenskappe is nie. Dit is nodig om die skaal met misdaadbekamping aan die een kant, en die land se sosiaal-maatskaplike probleme aan die ander kant, te balanseer. Die betrokke beleidskomitee is in 24 uurkontak met plaaswagte, die SAPD, affiliasies en ander rolspelers en doen gereelde misdaadopnames onder affiliasies om misdaadtendense en -syfers aan produsente en sleutelrolspelers te kommunikeer. Dit is op grond van hierdie inligting dat Agri Wes-Kaap ʼn strategiese oplossing saamgestel het wat berus op die uitgangspunt dat sosiaalmaatskaplike toestande as die kern van die misdaadprobleem waarmee die landbousektor te kampe het, aangespreek moet word. Volgens mnr Opperman lê die oplossing in die integrasie van die verantwoordelikhede van alle rolspelers om die misdaadsiklus teen te werk. Gesamentlike, geïntegreerde en gefokusde optrede is nodig om waardes, respek en integriteit na gemeenskappe terug te bring. Die mening dat dit slegs die SAPD se rol en taak is om misdaad te bekamp, is agterlosig en naïef. Agri Wes-Kaap meen hul strategie kan suksesvol buite die landbou-sektor ook geïmplementeer word om misdaad aan te spreek. Mnr Carl Opperman, uitvoerende hoof van Die nasionale misdaadstatistieke wat onlangs