Agri Kultuur September / September 2016 | Page 43

Graspol jaar na die brand nog steeds dood in middel van kern in wortelgewig. Die afleiding kan dus gemaak word dat wortelgewig in die droër dele baie meer sensitief vir brand is as bogrondse ontwikkeling. Veld in hierdie droër dele moet dus in die eerste groeiseisoen na ‘n brand geensins bewei word nie. Dit moet eers kans kry om weer ten volle uit te groei. Verdere ontblaring van sulke veld – waarin die wortelgewig reeds skerp afgeneem het weens die brand – sal ‘n katastrofiese afname in wortelproduksie meebring. ‘n Verdere bevinding was dat ‘n brand ‘n stuk veld se wortelverspreiding oor die boonste 100 mm van die grond aansienlik verhoog. Wortelverspreiding dieper as 100 mm neem egter af. Die gebrande plantmateriaal kon moontlik bygedra het tot aanvulling van grondvrugbaarheid in die vorm van mikro element vrystelling. Die toename in die boonste grondlae is eers ses maande na die brand waargeneem, terwyl die afname met diepte reeds twee maande na die brand duidelik was. Omdat die dieper wortels ‘n plant se droogtebestandheid verhoog, is gebrande veld heelwat gevoeliger vir droogte. Voldoende rus moet ingebou word in die veldbestuursbenadering vir veld herstel wat ook insluit vermindering van diere oor die korttermyn. Gids tot volhoubare produksie van weiding Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) is pas herdruk. Beskikbaar by: [email protected] Tel 021 4064962 R400 plus posgeld Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na: www.landbou.com Gaan heel na “winkel”, en kies dan “weidingboek.” Die boek kan dan met ‘n Kredietkaart bestel word. ‘n Moet vir elke vee- en wildboer!