Agri Kultuur September / September 2016 | Page 42

Prof Hennie Snyman Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT D ie uitwerking van brand op weiveld se wortelgroei moet nie onderskat word nie. Alhoewel wortelgroei nie ‘n direkte bydrae tot diereproduksie het nie is dit wel verantwoordelik vir die volhou-baarheid van die weidingekosisteem. Die brand van weiveld is al eeue lank ‘n onderwerp waaroor geargumenteer word. In dele met ‘n hoër reënval is dit dikwels nodig vir die volhoubare benutting van ‘n weidingekosisteem. In die droër dele noodsaak onbeplande brande grootskaalse risikobestuur. Juis in dié dele is boere egter onkundig oor die werklike omvang van die produksieverliese wat met ‘n brand gepaardgaan. Een van die skokkende resultate verkry met brandstudies uitgevoer in die droër weiveld dele van die sentrale grasveldgebied was dat die basale bedekking op veld selfs twee groeiseisoene na ‘n brand 1% laer as op ongebrande veld was. ‘n Maand na die brand was die bedekking reeds 66% laer. Hierdie laer bedekking stel die weiveld meer bloot aan die aanslae van die natuur elemente naamlik reënval en temperature. Hierdie veld is weens die laer bedekking meer droogte sensitief weens hoër oppervlakafloop van reënwater en hoër grondtemperature waarmee gebrande veld gepaardgaan. Indien die veld te gou bewei sou word sal die herstel van die plante en mikroklimaat nie gou tot normaal terugkeer nie en lei dit tot mensgemaakte droogtes. Die verrassende element was die grootskaalse wortelafsterwing wat met die brand gepaard gaan. Elke grasplant bestaan uit ‘n versameling lote, elk met sy eie wortels. Soos wat die lote (bedekking) deur die brand beskadig word gaan dit gevolglik ook gepaard met grootskaalse wortelafsterwing. Daar is bevind dat soveel as 80% minder wortelgewig aangeteken is die eerste jaar na ‘n brand. In die tweede seisoen was die nie-gebrande veld se wortelgewig steeds 11% hoër as dié van gebrande veld. Hoewel bogrondse produksie in die tweede seisoen na ‘n brand begin herstel het, was die wortelgewig dus steeds baie laer as dié van nie-gebrande veld. In die eerste seisoen na ‘n brand was bogrondse produksie gemiddeld 35% laer, en aan die einde van die tweede seisoen was dié produksieverlies net 7%. Hierdie beter bogrondse produksie in nie-gebrande veld kan grootliks toegeskryf word aan beter seisoenale wortelontwikkeling. Ondergrondse produksie in droër gebiede is baie hoër as bogronds. Voorts is dit interessant dat die afname in bogrondse produksie weens ‘n brand 773 kg/ha kan beloop, vergeleke met ‘n moontlike verlies van 1 924 kg/ha