spesifiek van toepassing is op ’n spesifieke
plaas of omgewing.
Noukeurige weidingbestuur is volgens dr.
Wim van kardinale belang. Droë materiaal
sowel as die veld se toestand moet ontleed
word om te bepaal hoeveel proteïen en
energie beskikbaar is. Die veranderings wat
met aanteel voorkom, moet ook bestuur
word. Om dit vas te stel kan na ’n dier se
gemiddelde daaglikse gewigstoename en
voeromset gekyk word. Die produk van
hierdie bestuursbenadering is ’n dier wat
aangepas is vir ’n spesifieke plaas.
“Meer intense beweidingspraktyke beteken
dat weiding ’n langer rustydperk gaan nodig
hê om te herstel. Indien ’n boer graspolle oor
bewei, verminder die wortels van die plant
wat veroorsaak dat die plant net grashalms
met saad het sonder blare. Dit lei tot ’n toestand bekend as ’n ‘groen droogte’,” sê dr.
Wim.
Die noordelike Kunenestreek ervaar tans so ’n
“groen droogte” weens oorbeweiding. Hoewel die streek baie reën die afgelope tyd ontvang het, is dit net mopaniebome wat groen
is, maar geen gras nie. Volgens dr. Axel
Rothauge, ’n onafhanklike
landboukonsultant, sal hierdie grasvelde
moeilik herstel, al kry dit al die reën ter
wêreld.
Veldpotensiaal
Dr. Wim raai boere aan om die natuurlike veld
op hul grond goed te ken deur dit nie net te
voet te verken nie, maar ook van tegnologie
gebruik te maak vir akkurater inligting.
“Onderskei tussen die verskillende veldtipes.
Bepaal die fisiologie van elke gras- en bosspesie deur vas te stel wat dit nodig het om
normaal te funksioneer. Beplan hoe die plaas
se weiding gebruik gaan word en balanseer
die behoeftes van die kudde met dié van die
weiding.”
In die algemeen word oor Namibiese boere
gesê hulle is baie goeie bees- en wildboere,
maar nie sulke goeie grasboere nie. Presisieveeboerdery begin by presisie-veldbestuur, sê
dr. Wim.
Kuddepotensiaal
Volgens dr. Wim het vleisboere nog baie te
leer oor presisie-veeboerdery. Hulle kan gerus
die beginsels van melkboerdery volg. Groepeer beeste saam volgens hul voeromsetvermoë. Verwyder die swakste 20% uit die kudde
en hou die beste 20%.
Om die potensiaal van ’n dier vas te stel, kan
gekyk word na:
Wat die diere se daaglikse droë materiaal-in
name (DMI) is?
Wat is die teelwaarde van die produktiewe
diere?
Wat is die voeromsetverhouding?
Wat is die verskil tussen die dier se
verwagte voedselbehoeftes en wat dit
werklik
eet (netto voerinname).
Hoe kan die doeltreffende benutting van
beskikbare proteïen en energie verbeter
word?
“Die boer kan dan sy beskikbare voeding herverdeel sodat dit na die diere gaan wat die
beste resultate lewer. Boere word nie vir gras
en bos betaal nie, maar vir hul produkte,” sê
dr. Wim.
Dit is belangrik om na ’n mededingende voor
deel in die mark te streef. Dit word gedoen
deur produksiekoste te verminder, ’n beter
produk te lewer, meer waarde vir geld te kry
en na die beskikbaarheid van produkte te kyk.
“Boere wat nie die beginsels van presisieveeboerdery volg nie, moet meer geld aan
aanvullende proteïen- en energiebronne vir
hul diere bestee.”
Erkennings:
Dr Wim Nell: Agricultural Management
Consultant; Bloemfontein, South Africa
Presentation: Strategic approach to Precision
Farming in Livestock: Kalkfeld Farmers
association, Agri Mega Day 2016, 8 June
2016, Klein Otjikango Ost, Namibia
Jacques du Toit en Marietjie van Staden
(redakteur) AgriForum Landboutydskrif,
Namibië. [email protected]