Agri Kultuur September / September 2016 | Page 34

bruik te verbeter. “Ons dink hier aan die digi­ tale rewolusie en presisieboerdery wat nuwe landbougeleenthede skep. Daarby het geneties gemodifiseerde organismes (GMO) die land-bouwêreld heeltemal verander. Met die koms van nog ’n eksterne faktor, naamlik klimaats-verandering, het die impak op die omgewing en landbou verstewig. Voorspellers sê die invloed van klimaatsverandering op lande in Sub-Sahara Af­rika gaan moontlik die ergste wees. Dit is ook die gebied waaroor die meeste onsekerheid heers. Hieroor sê die Voedsel- en Land­bou-organisasie (FAO) van die Verenigde Volke dat strategieë ontwik­kel moet word wat aanpasbaarheid vir ’n wye spektrum van toekomstige klimaat­stoestande verseker.” Foto: Chris Kriel Die interne omgewing Die boer moet bewus wees van sy plaas se in­ terne omgewing en potensiaal, maan dr. Wim. Hy het daarop gewys dat infrastruktuur strate­gies opgerig moet word met watertoevoer na alle kampe. Kampe moet volgens elke spesie­groep beplan word. Die boer moet sy vee se voeromsetverhouding vir individuele beeste en sy hele kudde ken. Swak punte van ’n plaas sal wees wanneer genoeg ruvoer nie beskik­baar is nie. ’n Swakpunt van ’n boerdery is as die optimale ru-proteïen en energieproduksie van verskillende grasse en struike nie bekend is nie. Langtermyn-doelwitte Om op lang termyn suksesvol te boer moet ’n plaasonderneming se winsgewendheid groei. Daarom moet strategieë ontwikkel word wat