Agri Kultuur September / September 2016 - Page 33

lei,” sê dr. Wim. Dit kan slegs gedoen word met akkurate, verfynde inligting. Die boer moet weet wat hy wil produseer en sy besigheid van binne en buite verstaan. Dit is ook belangrik om goeie verhoudings in die waardekettingnetwerk op te bou – van die plaas regdeur tot by die verbruiker. Wat is presisieboerdery met lewendehawe? Presisieboerdery se doel is om deur middel van waarneming en meting spesifieke inlig-ting in te samel. Dit stel die boer in staat om te bepaal watter veranderings op die plaas aangebring moet word om die hulpbronne, hoofsaaklik die lewendehawe en grond, volhoubaar en akkuraat te benut en te bestuur. Sommige boere maak tot van satelliettegnologie gebruik vir beter en akkurater inligting. Dit help om beter besluite te neem en hou die voordeel in dat afwykings geïdentifiseer kan word of vergelykings getref kan word met wat op en buite sy plaas gebeur. Volgens dr. Wim is die belangrikste toepassing van navorsing vir presisie-veeboerdery om ’n ondersteuningstelsel op te bou wat ingeligte besluitneming bevorder of vergemaklik . Dit sal help om die beste opbrengs uit ’n plaas te kry. Presisieboerdery het sy oorsprong in kontant­gewasse en melkboerdery, het hy bygevoeg. “Die beste tegnologie en landboumetodes help niks indien die boer se houding nie reg is nie. Presisieboerdery gee akkurate inligting, wat presisie-bestuurvermoë verg. Alles begin met wat die boer met sy plaas as besigheid wil bereik,” sê dr. Wim. Die missie (wat doen jy?) en visie (waar wil jy wees in die toekoms?) wat ’n boer vir sy plaas het, sal bepaal of presisie-veeboerdery vir hom gaan werk of nie. Die mikpunt is om vleis volhoubaar op lang termyn te produseer. Dit moet op natuurlike weiding plaasvind met ’n minimale langtermyn-uitwerking op die omgewing om volhoubaarheid te verseker. Die produk moet plaaslik en internasionaal bemark kan word. Die visie is die welvaart van die boer deur ’n weten­skaplike benadering te gebruik om weiding en vee noukeurig te bestudeer en te bestuur. “Om dit reg te kry, moet spesifieke bestuurwaardes en ’n bestuurkultuur gehandhaaf word. Die boer moet weet die plaas is die hand wat die wêreld voer. Natuurlike hulpbronne moet beskerm word en almal moet as ’n span saam­werk vir volhoubare sukses,” glo dr. Wim. Wanneer ’n boer weet waarheen hy op pad is, kan hy die eksterne faktore noukeurig ondersoek wat sy boerdery beïnvloed, maar wat hy nie noodwendig kan beheer nie. Eksterne faktore in die makro-omgewing sluit in inligting (bv. grondhervorming-verwikkelinge) en beleide (bv. vleisbedryfwet) wat onder meer die landbousektor beïnvloed. Op ’n nasionale en internasionale vlak moet die ekonomie, tegnologiese ontwikkeling, die ekologie, die klimaat, politieke en regsontwikkeling dopgehou word. Die sosiale en kulturele omgewing waarin hierdie verskynsels plaas-vind, moet ook in ag geneem word. Die boer se sake-omgewing word voorts deur verskeie faktore beïnvloed soos die arbeidsmark, krediteure, regulasies, verbruikers, mede-dingers, medewerkers en diensverskaffers. “Dit is binne hierdie dinamiese wêreld waarin die boer homself bevind,” sê dr. Wim. Huidige eksterne faktore Ontwikkelinge in die eksterne omgewing hou nie noodwendig net uitdagings in nie, maar ook geleenthede. “Die verwagting in die huidige ekonomie is dat die vraag na plantproteïen gaan toeneem, wat ’n prysverhoging beteken. Dit behoort tot ’n styging in die vraag na diereproteïen te lei wat beter vleispryse beteken. Die omgewing en landbou is direk aan mekaar gekoppel en bied inkomstegeleenthede.” Nuwe tegnologie bied verdere geleenthede vir boere om doeltreffender te wees. Dit kan byvoorbeeld help om opbrengste en energiege­