Agri Kultuur September / September 2016 - Page 32

Foto: Chris Kriel Herpubliseer met viendelike vergunning van die skrywer, Jacques du Toit en AgriForum Landboutydskrif, Namibië. In ’n land geteister deur droogte, moeilike ekonomiese omstandighede en die toenemende negatiewe uitwerking van klimaatsverandering lê die geheim van sukses in detail. Dié onderwerp is goed deur­trap in die vorm van presisieboerdery toe dr. Wim Nell, landboubestuurkonsultant van Bloemfontein, die meer as tweehonderd boere by die Kalkfeld Boerevereniging se jaarlikse Agri Mega-dag toegespreek het. Dr. Wim bied kort kursusse aan vir landbouers in finan­siële beplanning en stategiese bestuur. Hy het die afgelope 32 jaar ook al verskeie gevallestudies vir agri-ondernemings in Suid-Afrika en Namibië gedoen en is as een van drie adviseurs betrokke by ’n groot rysprojek in Ghana. H oekom presisieboerdery belangrik is in moderne landbou, die voordeel wat dit bied en hoe om dit toe te pas, was die kern van dr. Wim Nell, landboubestuurkonsultant van Bloemfontein en medeskrywer van die boek Strategic Approach to Farming Success, www.farmingsuccess.com, se boodskap op die Agri Mega-dag. Hy het die basiese beginsels van presisieboerdery met lewendehawe verduidelik en waarna ’n boer moet kyk as hy dit wil toepas. Die stel van langtermyn-doelwitte en hoe om dit volhoubaar te bereik, is belangrik. “Die afname in die prys van landbouproduk­te plaas druk op die boer se wins, wat swakker mededingendheid tot gevolg het. Hoewel die pad na ’n suksesvolle boerdery vol uitdagings is, bestaan baie geleenthede ook. ’n Boer moet vinnig kan aanpas by nuwe ontwikkelinge en akkurate besluite kan neem. Hy moet weet waarheen hy op pad is en of die rigting wat hy inslaan tot volhoubare sukses gaan