Agri Kultuur September / September 2016 | Page 16

Tabel 1 : Inligting wat vervat behoort te word in die ontwerpverslag
Aspek
Kundigheidsvlak van ontwerper
Algemene stelselinligting
Beskrywing van voorgestelde besproeiingstelsel
Inligting
Die kundigheidsvlak van die ontwerper , bv . is die ontwerper ‘ n goedgekeurde SABI ontwerper , of professionele geregistreerde ingenieur / tegnikus . Die verwagte leeftyd van die stelsel . Veiligheidsfaktore wat ingebou is in die stelsel . Uitbreidingsmoontlikhede van die stelsel moontlik . Addisionele toerusting wat beskikbaar moet wees op die plaas vir vervanging van foutiewe toerusting . Grondwater-eienskappe van die grond wat besproei word . Tipe besproeiingstelsel wat gebruik word vir die besproei-ing van die verskillende gewasse . Tipe emitter voorgestel en wat die aanbevole werksdruk , spasiëring en lewering van die emitter is . Die kapasiteit en kwaliteit van die waterbron wat beskikbaar is vir die ontwikkeling . Die geskikheid van die water vir besproeiing van die spesifieke gewas .
Ontwerpparameters Ontwerpparameters wat gebruik is . Die vloeispoed van die water in die hooflyn . Die aanbevole werksdrukke by die aftappunte . Die ontwerp verspreidingskoeffisiënte soos CU / DU lq / EU Die bruto toedienings-tempo van die stelsel in vergelyking met die infiltrasietempo van die grond .
Skeduleringsbeplanning
Die maklik beskikbare water in die effektiewe wortelgebied . Die verskillende gewasse wat besproei word se bruto besproeiingsbehoefte . Blokke wat saam besproei moet word . Die stelsel se sikluslengte en staan- / omwentelingstyd . Die stelselkapasiteit in mm / dag en hoe dit vergelyk met die inligting wat verkry was van ’ n gewaskundige .
Toerusting ‘ n Pompkurwe waarop die dienspunt aangedui is . Die pomptyd binne die Eskom spitstarieftyd . Die energiekoste per hektaar per jaar . Filtrering benodig , indien wel , en watter tipe is voorsien . Inspuitpompe wat voorsien is , indien wel , en die kapasiteit daarvan . Die voorsiening van ‘ n vloeimeter en die vereistes tov installasie . Voorsiening van genoegsame luginlaat- en lug-uitlaatkleppe in die stelsel . Die status van waterslag .
Waarborge
Waarborge van die individuele komponente van die stelsel en wat dit insluit en wat dit uitsluit . Waarborg dat die stelsel volgens die ontwerpparameters gaan funksioneer . Beskikbaarheid van die voorgestelde besproeiings-toerusting wanneer foutiewe toerusting vervang moet word . Wie en hoe gaan bepaal word of die stelsel voldoen aan die ontwerp spesifikasies-maw hoe gaan dit getoets word ? Toerusting wat as noodvoorraad aangehou behoort te word . ‘ n Skriftelike onderneming waarin bevestig word dat die stelsel voldoen aan die SABI norme en indien nie , waar afwykings voorkom .