Agri Kultuur September / September 2016 | Page 15

of die stelsel se druk, lewering en waterverspreiding is soos in die tegniese verslag beskrywe is. Vir kleiner ontwikkelings kan die voorlopige tegniese en ontwerpverslag gekombineer word. Die volgende inligting behoort in ’n ontwerpverslag verskaf te word: Uitlegplan Uitleg van die blokke en detailplanne van elke blok. Twee afskrifte behoort verskaf te word, een vir installasiedoeleindes en een vir rekords. Kosteberaming Prysberaming van die totale projek en elke fase van die projek indien van toepassing. Hoeveelheidslys Lys van items wat benodig word per blok wat gebruik gaan word. Detailsketse van toerusting om installasie te vergemaklik Kraanaansluitings: Tekeninge van die krane met die verlangde toebehore. Filterbanke: Tekeninge van die volledige filteropstelling met spruitstukke en krane. Pompe: Tekeninge van die pomp met die benodigde toerusting. Pompkurwe ‘n Pompkurwe waarop die dienspunt aangedui word vir gebruik sodat die pomp se doeltreffendheid en die drywing benodig maklik afgelees kan word. Die pompkurwe word ook benodig indien die bestaande besproeiingstelsel in die toekoms uitgebrei wil word. Finale tegniese verslag ‘n Verslag wat die hulpbronne beskryf wat deel uitmaak van besproeiingsontwikkeling en kortliks die werking van die stelsel beskrywe. Onderhouds- en bestuurshandleiding ‘n Volledige handleiding hoe om die besproeiingstelsel te bestuur en te onderhou is nodig om te verseker dat die werkverrigting van die geïnstalleerde besproeiingstelsel altyd optimum is. SABI spitsontwerpvorm Tegniese ontwerpspesifikasies waaraan die ontwerp voldoen. Dit is belangrik dat die produsent hom/haar vergewis van die spesifikasies waaraan die ontwerp vir die voorgestelde besproeiingstelsel voldoen en in die meeste gevalle kan al die inligting verkry word in die finale tegniese verslag en spitsontwerpvorm. Sien Tabel 1. Besproeiingstelsel ontwikkeling moet reg gedoen word en die sukses of mislukking van besproeiing hang tot ‘n groot mate af van die versigte keuse, deeglike beplanning, akkurate ontwerp, effektiewe bestuur en goeie onderhoud. In hierdie verband is dit belangrik dat die ontwerpnorme van die Landbou Navorsings Raad se Instituut vir Landbouingenieurswese en die Suid-Afrikaanse besproeiingsinstituut te gebruik.