Agri Kultuur September 2014 | Page 8

beskikbaar wat aanpasbaar is by die verbruiker se behoeftes. Die oplossings kan ook uitgebrei word na gelang van die funksies wat die verbruiker wil benut. Dit kan begin deur slegs die kabel tussen die spilpunt en die pomp uit te skakel, maar kan uitbrei tot beheer en monitering van verskeie funksies. Boorgat pompe wat foutief raak: Bestaande tegnologie kan hier gebruik word om verskeie funksies te beheer en te monitor wat die verbruiker ingelig en in beheer kan hou. Afstand beheer van pomp, krag monitoring ens. Krag wat afgaan: Daar is intreevlak toerusting wat hierdie status kan monitor en die boer in kennis stel. Transformators wat foutief raak. (Veral hier is daar meer as een rede voor): Oplossings is in die mark beskikbaar om hierdie toerusting of bate te monitor teen diefstal, vandalisme en funksionaliteit. Sekuritei: Toerusting vir verskeie sekuriteitstoepassings is volop beskikbaar, van monitering tot aktivering oor afstande vir elektriese omheinings, pomphuis sekuriteit, sekuriteit in store, bulk diesel tenks ens. Pype wat beskadig word of bars: Met die toenemende skaarste aan goeie kwaliteit water is dit belangrik om hierdie probleem so gou moontlik te herstel en is dit belangrik om so gou moontlik te weet van hierdie probleem. Daar is oplossings beskikbaar wat dit kan monitor en die boer dadelik in kennis kan stel. Monitering: Die oplossings wat bestaande tegnologie bied vir die boer in terme van inligting, beheer en bestuur is legio. Deur buite die boks te dink kan daar vir die meeste probleme oplossings wees. Nag-ure en naweek-ure benutting: Weens misdaad en ook kostes is dit nie altyd moontlik om hierdie ure te benut wanneer pompe en water betrokke is nie, aangesien dit met die hand gedoen moet word. Deur tegnologie in te span kan dit egter benut word wat in sommige gevalle ook nog ‘n elektrisiteits besparing teweeg kan bring. Bogenoemde is slegs ‘n paar voorbeelde en die lys is oneindig lank. Dit is belangrik om te verstaan dat daar soveel tegnologie beskikbaar is, waarvan baie moontlik aanpasbaar is, om ‘n persoon se spesifieke behoefte mee aan te spreek. Die tipes toerusting wat baie in gebruik is en beskikbaar is in verskeie kombinasies maak grotendeels gebruik van radio, GSM of GPRS kommunikasie. As gevolg van die groot toetrede tot hierdie mark deur verskeie rolspelers het die tegnologie, of oplossings, ook baie meer bekostigbaar geraak wat baie voordelig is vir die verbruiker. Ryp beheer: Waar besproeiing betrokke is en koue ‘n oes nadelig kan beinvloed is die tegnologie beskikbaar om hierdie waarskuwing te gee en ook spesifieke aksies outomaties te kan aktiveer. Temperature: Net soos in die geval van ryp of koue skade kan tegnologie ingespan word om die skade wat hoë temperature kan veroorsaak te beperk. Druk (Pressure): ‘n Effektiewe stelsel het normaalweg ‘n effektiewe of idiale druk waarteen dit moet funksioneer. Indien die druk afwyk is die stelsel dalk nie meer effektief nie en het dit indirek koste implikasies. Vlakbeheer word gedoen met GSM tegnologie. ‘n Goeie beginpunt sal wees om met ‘n betroubare en eerbare maatskappy wat oplossings voorsien kontak te maak en die spesifieke behoefte te bespreek. In baie gevalle vereis ‘n goeie oplossing sekere aanpassings op ander gebiede ook en daarom moet dit in die geheel geëvalueer en hanteer word. Belangrik: Kyk na hoe prakties die oplossing is, prys en naverkope diens. Krag word gemonitor, multi-aar kabel vir diefstal, spilpunt loop of staan, pomp word met GSM geskakel.