Agri Kultuur September 2014 | Page 79

sal anders lyk . Wees egter bedag daarop om nie te oorkapitaliseer nie . Die mooiste kleinskaalsestelsels vir die agterplaas kan van die winkelrak af gekoop word , maar dit is gewoonlik taamlik duur en die stelsel kan teen `n fraksie van die prys self gebou word .
Die slaaiplantjie saailinge kos sowat 80 sent elk by ‘ n kwekery . Die uitge -groeide slaai plant met wortels aan kan as ‘ n lewende slaai plant teen R 7,00 per plant aan die winkel verkoop word . Die winkel sal dit weer teen R 11,00 kan verkoop aan die verbruiker . Dié slaaiblare word dan van buite af gebruik en omdat die plant nog lewe met sy wortels aan , bly die binneste blare langer vars . Dit is dus raadsaam om van meet af aan jou eie begroting of koste-struktuur op te stel vir jou beplande akwaponikaprojek .
Ons akwaponikanavorsing is nog maar aan die beginstadium en ons het nog baie om te leer . Die uitdagings vir die akwaponikategnologie lê onder andere daarin om dit ekonomies volhoubaar te kan doen , die water in die winter warm te hou vir die tilapia visse en die bemarking van die plante effektief te bestuur .
Akwaponika Werkwinkels by die Universiteit van Stellenbosch :
� Inleiding tot Akwaponika – 26 September 2014
� Basiese Aspekte van Akwaponika - 17 Oktober 2014
� Gevorderde Aspekte van Akwaponika - 24 Oktober 2014
Vir meer inligting oor Akwaponika , Kontak Henk Stander , Algemene Bestuurder van die Akwakultuur Divisie in die Departement van Veekundige Wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch . E-pos : hbs @ sun . ac . za