Agri Kultuur September 2014 | Page 53

Sitrus Nuus: Strenger maatreëls teen Sitrus-invoere uit Suid-Afrika Vertaling: Sors Pretorius D ie Permanente Fitosanitêre Komitee in Brussel het op 27 Mei 2014 besluit op strenger maatreëls met betrekking tot die invoer van sitrus uit Suid-Afrika vanweë swartvlek. Sitrus uit Suid-Afrika sal onderwerp word aan strenger toetsingkriteria op vrugte. Hierdie maatreëls sluit in:  Spesifieke voor- en na-oes chemiese behandeling  Verpligte registrasie van pakhuise en  Strenger kontrole op boorde. Ten minste 60 vrugte uit elke 30 ton sal onderwerp word aan visuele inspeksie. Alle vrugte wat simptome wys sal aan laboratoriumtoetse onderwerp word. Die Valencia lemoene sal ekstra streng getoets word vir latente infeksies deur middel van ‘n steekproef per elke 30 ton. Geen onderskeid sal gemaak word tussen sitrus vir die varsmark of verwerkingsmark nie. Die nuwe maatreëls sal geld vir die volle produksieseisoen. Volgens die EU se Kommissaris van Gesondheid, Tonio Borg het die EU geen ander keuse as om strenger maatreëls teen Suid-Afrikaanse sitrus in te stel nie aangesien dit as noodsaaklik beskou word om op hierdie wyse die Europese sitrusbedryf teen skadelike plantsiektes te beskerm. Hierteenoor trek sommige invoerders en produsente die moontlike skadelike gevolge van Swartvlek op Europese boorde in twyfel. Hulle voer aan dat sitrusswartvlek slegs ‘n fitosanitêre probleem is. Tydens die Suid-Afrikaanse uitvoerseisoen van 2013 is vanaf April tot November ongeveer 600 000 ton sitrus na EU-lande uitgevoer, met lemoene as die belangrikste produk. Dit vorm sowat een derde van die totale sitrus- invoer van die EU. Bekommernis heers dat in Nederland alleen, sowat 500 werkgeleenthede tot niet sal gaan as die Suid-Afrikaanse sitrusstroom nie langer na Europa mag uitgevoer word nie. Justin Chadwick van die Sitrus-kwekers Vereniging in Suid-Afrika is volgens berig verlig dat die onsekerheid wat die sektor plaaslik beleef het tot ‘n einde gekom het, maar dat die vooruitsigte steeds onseker is omdat daar nog steeds ruimte gelaat is vir “aanvullende maatreëls” as gevolg van die vyf onlangse oorskreidings op die gebied. Hoewel die spesifieke detail en ingangsdatum nog gefinaliseer moet word, meen Inge Ribbens van Frugi Venta dat die maatreëls ‘n werkbare antwoord bied tenspyte van die verswarende omstandighede. Veerle van der Sypt, Fresh Trade België, is van mening dat die pertinente fokus op spesifieke variëteite, op die oog af na ‘n logiese gegewe lyk en is hulle tevrede dat Suid-Afrika reeds etlike maatreëls in plek gestel het om die situasie mee te stuur. Hy spreek die hoop uit dat die inspanning van die seisoen met weinig tot geen verdere oponthoude beloon sal word. In sy reaksie sê Evert-Jan van Vliet van Hillfresh: “Vir ons as invoerders is dit goed om te hoor dat daar uiteindelik ‘n besluit geneem is. Dat dit nie makliker gaan word nie, was duidelik. Maar nou weet ons waar ons staan” Erkenning: aan Izak Heijboer: 28-5-2014, http:// www.agf.nl/artikel/111841/Striktere-maatregelenimport-Zuid-Afrikaans-citrus