Agri Kultuur September 2014 | Page 52

Sitrus Nuus: Owerhede skerp SSV prosedures op Vertaling: Sors Pretorius M et die Suid-Afrikaanse Valencia uitvoere wat pas momentum begin kry het, is die bedreiging van ‘n uitvoerverbod na Europa terug in die nuus. ‘n Totaal van vyf onderskeppings van Sitrus Swartvlek is tot en met einde Julie gemaak. Reeds na die eerste onderskepping het DAFF die betrokke produsent ingelig en is die produksie -eenheid uit verdere uitvoere na die EU vir die huidige seisoen, onttrek. Alle besendings sitrus wat die EU vanaf 24 Julie 2014 binnegaan, moet voldoen aan die nuwe EU maatreëls en gepaardgaande sertifisering vereis deur die EU, soos gepubliseer in die EU op 3 Julie 2014. Die nuwe maatreëls sluit bykomende vóór-uitvoer steekproef- en inspeksievereistes in. Alle “Valencia” lemoene moet voorts aan ‘n chemiese simptoom uitdruktoets onderwerp word. Kort na die eerste geval aan die lig gekom het, is ‘n ondersoek deur DAFF in samewerking met die industrie geloods om die moontlike oorsake vir die teenwoordigheid van SSV in die vrugte te bepaal. Gegrond op die uitslag sal remediërende maatreëls geevalueer en soos nodig geimplementeer word ten einde hervoorkoms te verhoed. Soos per die vorige ooreenkoms met die EU, sal alle relevante inligting aan die EU gerapporteer word. Suid Afrika het reeds baie geld en moeite spandeer om via sy SSV risiko-bestuurstelsel aan die EU vereistes te voldoen. Sowat kwartpad deur die Valencia seisoen, is 11.9m kartonne van ‘n verwagte 49,5m reeds gepak. Justin Chadwick HUB van die Sitrus Kwekersvereniging verwag soorgelyke volumes as die van verlede jaar. Hy meen voorts dat die vrugte uiters geskik is vir die EU mark vir sover dit grootte en kleur betref maar kan ook na ander bestemmings verskeep word. Hy is ook tevrede dat die Suid-Afrikaanse owerhede alles in hul vermoë doen om die korrekte prosedures te volg. Erkennings: Nichola Watson 7/30/2014 en 8/5/2014: www.freshplaza.com