B
oerdery is lankal nie meer net ‘n leefwyse nie,
maar ‘n besigheid wat volgens gesonde finansiёle beginsels bestuur moet word om
suksesvol en volhoubaar te wees. In die
hedendaagse mededingende omgewing is dit noodsaaklik vir oorlewing en vooruitgang dat die finansiёle
sy van die boerdery met net soveel sorg bestuur word
as die produksiekant.
Finansiёle bestuur vir ‘n boerdery behels ‘n wye spektrum van punte waaraan aandag gegee moet word
waarvan die volgende die belangrikste is.
Kontantvloei bestuur
Aangesien produsente in die meeste bedrywe (bv. koring en mielies ) eers ‘n hele jaar (seisoen) se uitgawes
aangaan voor hulle oes en dan gewoonlik eers later
betaal word vir die oes, plaas dit geweldige druk op die
boerdery se kontanvloei. By bedrywe waar daar met
langtermyn gewasse geboer word (bv. vrugte en
wyndruiwe) is daar die bykomende druk van vestigingskoste wat aangegaan word, die eerste oes wat eers na
twee tot drie jaar of langer ingesamel word en gelykbreekpunt wat gewoonlik eers na sewe tot nege jaar
bereik word.
Inkomste bestuur
Met die afskaf van gereguleerde pryse en die koms van
die vryemark stelsel in Suid-Afrika se landbou is die produsent nie meer verseker van die prys wat hy vir sy
produk gaan kry nie. Dit is nie noodwendig ‘n slegte
ding nie aangesien daar ook baie geleenthede oopgegaan het om beter pryse te kry, maar dit veroorsaak
nogtans dat ‘n deeglike kennis van die werking van
vraag en aanbod, wisselkoerse, termynmarkte, die
tydwaarde van geld en baie ander ekonomiese be-
ginsels deesdae deel van die suksesvolle produsent se
arsenaal moet uitmaak. Weereens moet daar van kundiges gebruik gemaak word as die produsent nie self
oor die nodige kennis beskik nie.
Uitgawe bestuur
Dit bly steeds een van die belangrikste aspekte van finansiёle bestuur en is dikwels die enigste een waaroor
die produsent regtig beheer het. Dit is in baie gevalle
(veral by produkte wat moeilik op gehalte onderskei
kan word), die enigste manier om ‘n mededingende
voordeel bo ander produsente van dieselfde landbouproduk te kry. Met al hoe meer mededinging vanaf
die buiteland en al hoe minder beskerming vanaf die
regering sal die landbousektor se kostebestuur van
uiterste belang word om te oorleef.
Risiko bestuur
Boerdery is een van die bedrywe wat aan die meeste
risiko blootgestel is. Behalwe vir die gewone versekering van geboue en voertuie moet produsente ook
aandag gee aan werkgeweraanspreeklikheid, publieke
regsaanspreeklikheid (bv. waar veldbrande versprei,
damme breek of diere oor paaie loop) en oesversekering (die premies is gewoonlik baie duur maar in
gebiede wat bekend is vir bv. haelskade is dit soms die
moeite werd). Ander aspekte van risiko bestuur is diversifikasie (om nie al jou eiers in een mandjie te hê nie) en
om in goeie jare te bou aan ‘n noodfonds vir die dag as
daar ‘n misoes kom.
Opvolg bestuur
Omdat die meeste boerderye in privaat besit is, is
opvolgbeplanning van uiterste belang. Eerstens moet
die huidige produsent voldoende voorsiening maak vir
sy aftrede aangesien die plaas nie skielik twee gesinne