Agri Kultuur September 2014 | Page 48

ontgin, indien dit reg bestuur word. Weens die vlak verspreide wortelstelsel moet bemesting oordeelkundig geskied. Te veel toegedien op een keer mag die wortels moontlik brand, daarom sou eerder ligter toedienings oor meer tydperke versprei, aanbeveel word. Die plant reageer besonder goed op bemesting. Hierdie bevindinge vorm slegs die onderbou vir die doeltreffende aanwending van die turksvyplant binne ‘n veeproduksiestelsel. Verskeie navorsingsprojekte rondom die benutting van turksvye in verskillende vorme deur diere, is en word tans deur die voedingsafdeling binne die Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat onderneem. Hierdie bevindinge wat eersdaags die lig behoort te sien, sal beslis bydra tot ‘n beter begrip van die doeltreffende benutting van hierdie gewas deur diere. Die produksie- en benuttingspotensiaal van turksvye is beslis nog nie ten volle in Suid-Afrika, waar dit van groot waarde kan wees in beide ontwikkelde en ontwikkelende landbou, ontgin nie. Gids tot volhoubare produksie van weiding Tweede uitgawe nou beskikbaar R400 plus posgeld Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) is pas herdruk. Beskikbaar by: [email protected] Tel 021 4064962 Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na: www.landbou.com Gaan heel na “winkel”, en kies dan “weidingboek.” Die boek kan dan met ‘n Kredietkaart bestel word. ‘n Moet vir elke vee- en wildboer!