bogrondse dele indien beide op ‘n
droë basis uitgedruk word. Hierdie
verrassende bevinding beklemtoon
weereens die plant se effektiewe
wortelstelsel wat hom uniek maak
wat waterbenutting aanbetref.
Opuntia ficus-indica (groenblad) het
‘n betekenisvolle hoër nat en droë
bladmassa as O. robusta (bloublad)
oor al vier groeiseisoene getoon
(Figuur 1).
Reënvalbenutting
Die waterbenutting van die vier jaar
oue turksvyplante word in Tabel 1
vergelyk met dié van ander voergewasse ook in die sentrale grasveldgebied verbou. Navorsers beweer
dat die waterbenutting van die
turksvyplant ongeveer 3 tot 5 keer
hoër as byvoorbeeld dié van mielies
is. Dit is slegs voersorghums wat
ook ‘n hoë produksie soos dié van
turksvye kan handhaaf en wat water ook doeltreffend kan omskakel
in droëmateriaal. Voersorghum is
ongelukkig ‘n eenjarige gewas, terwyl die turksvyplant meerjarig is en
nie jaarliks verbou hoef te word met
‘n hoë insetkoste nie. Banagras wat
meerjarig is en met vegetatief (steggies) aangeplant moet word, beskik
ook oor ‘n baie goeie watervebruik.
Rhodesgras wat swak meerjarig is
se reënvalbenutting is die hoogste
van die ander aangeplante wei-
dings, met Smutsvingergras ook ‘n
redelik doeltreffende reënvalverbruiker.
Navorsing het getoon dat die turksvyplant oor die eerste drie jaar van
vestiging ‘n relatief lae en wisselvallige produksie en waterbenutting
toon. Dit is eers vanaf die vierde
jaar wat ‘n stabiele hoë produksie
en doeltreffende waterverbruik gehandhaaf word. Dit kan dus verwag
word dat hierdie studie se plante
met bereiking van volwassenheid ‘n
veel hoër waterbenutting sal toon
as die waardes voorgestel in Tabel 1
en Figuur 1. Volgroeide turksvplantasies in hierdie semi-ariede gebied,
behoort ‘n waterbenutting van ongeveer 20 kg DM/ha/mm waterverbruik, te genereer. Met goeie bestuur en bemesting kan dit nog
meer doeltreffend wees in waterverbruik.
Samevatting
Hierdie studie het duidelik getoon
dat die turksvyplant beslis nie ‘n
turksvy vir die veeboer behoort te
wees nie en wel nuttig as strategiese droogte voergewas aangewend kan word ten einde leemtes
in sy voervloeibeplanning aan te
vul. Die aanplant van turksvye kan
nie alleen ‘n versekerde voerreserwe
vir die veeboer opbou nie, maar kan
ook jaarliks of in droogte tye benut
word ten einde die weiveld van vee
te onttrek. Sodoende kan dit ‘n belangrike rol in die verbetering van
die natuurlike plan tegroei speel.
Oor die afgelope 10 jaar het die gewildheid van doringlose turksvye
geweldig toegeneem, beide as voergewas of die bemarking daarvan as
vrugte vir menslike gebruik.
Dit is duidelik vanuit hierdie studie
dat die turksvyplant oor ‘n baie digte, vlesige en oppervlakkige wortelstelsel beskik wat die plant instaat
stel om elke ligte reënbui effektief
te benut. Ter ondersteuning van
laasgenoemde moet doeltreffende
onkruidbeheer toegepas word, terwyl bewerking naby die plante of
tussen rye wel deeglik beplan of
vermy moet word ten einde die oppervlakkige en wydverspreide wortelstelsel nie te beskadig nie. Onkruide kompeteer met die vlak wortelstelsel van die turksvyplant vir
voedingstowwe en water in veral
die vroeë stadiums van ontwikkeling van die plant. Jong turksvyplantasies kan dus ‘n totale mislukking
wees indien effektiewe onkruidbeheer nie toegepas word nie. Chemiese onkruidbeheer behoort dus
eerder oorweeg te word en nie meganiese bewerking binne en tussen
die rye nie. Die turksvyplant is dus
instaat om die droër dele van ons
land tot hulle volle potensiaal te
Tabel 1 Waterbenutting (kg/ha/mm) van voergewasse indien droëland in die sentrale Vrystaat verbou word, met ‘n jaarlikse gemiddelde reënval van 530 mm
Gewas
Waterbenutting (kg/
ha/mm)
Opuntia ficus-indica (Groenblad turksvy) (4 jaar oud
17.26
O. robusta (Bloublad turksvy) (4 jaar oud)
14.96
Banagras
16.01
Voersorghums
15.21
Chloris gayana (Rhodesgras)
6.12
Digitaria eriantha (Smutsvingergras)
5.53
Eragrostis curvula (Oulandsgras)
4.47
Cenchrus ciliaris (Bloubuffelsgras)
3.63
Anthephora pubescens (Borseltjiegras)
3.32
Weiveld in goeie toestand
2.50