Agri Kultuur September 2014 | Page 32

voldoen om die woorde te mag gebruik. Die KDF het ook ‘n sertifiseringsmerk by die Kommissie vir Intellektuele Eiendom en Maatskappye (CIPC) geregistreer en ook via die Departement Landbou toestemming gekry om die ‘sertifiseringsmerk’ as vleis stempel en ook as roller-merk te gebruik. Die merke lyk soos volg (soos finaal goedgekeur en gepubliseer in die Suid-Afrikaanse Patente Joernaal in Januarie 2013): CERTIFIED KAROO meat of origin (Windmill device colour label) (no: 2011/01935) CERTIFIED KAROO meat of origin & (Windmill device black and white label) (no: 2011/01936) CERTIFIED KAROO meat of origin & (Windmill device) (stamp) (no: 2011/01937) CERTIFIED KAROO meat of origin & (Windmill device) (meat stamp)(no: 2011/01938) Die sertifiseringsmerk soos deur die KDF ontwerp word dus nou in terme van die Wet op Handels-merke (Trade Marks Act) beskerm. Die KDF het ook gedurende 2013 op versoek van kleinhandelaars ook ‘n rollermerk vir skaap/lam karkasse geregistreer en bevat die insetsel “CERT KMOO”. Die Departement Landbou het ook die versoek toegestaan dat gesertifiseerde Karoo Lam karkasse wat vanaf geregistreerde plase kom en by geregistreerde abattoirs geslag word voortaan die rollermerk sowel as die vleisstempel mag dra. Dit bied dus ‘n goeie manier om Karoo Lam in die handel te eien. Die “Foodstuffs, Cosmetic and Disinfectants Act” Wet 54 van 1972 wat resorteer onder die Nasionale Departement van Gesondheid, bepaal in Afdeling 5(1) dat enige persoon skuldig is aan ‘n kriminele oortreding in die volgende gevalle: ‘(a) publishes a false or misleading advertisement of any foodstuffs […]. (b) for purposes of sale, describes any foodstuff […] in a manner which is false or misleading as regards its origin […] quality […] or place of its manufacture (c) sells or imports for sale any foodstuff […] described in the aforesaid manner.’ Regulasie 47 van R146 wat die nuwe reëls vir voedseletikettering vaslê, verwys onverwags direk na Karoo Lam en bepaal spesifiek dat die woorde “Karoo Lam” alleenlik op vleisprodukte gebruik mag word indien ‘n protokol by die Departement van Landbou geregistreer is. Daar is nogal stywe vonnis hieraan gekoppel. Gegewe die feit dat die “Certified Karoo Meat of Origin” protokol die enigste protokol in die verband is wat by Departement Landbou geregistreer is dit dus logies dat voldoening aan die reëls van die protokol jou in staat stel om die sertifiseringsmerk en die woorde Karoo Lam te gebruik. In wese is die sertifiseringskema dus geskep om vir alle Karoo boere, abattoirs en kleinhandelaars die geleentheid te bied om wettig in Karoo Lam handel te dryf. Huidige staatswetgewing verskaf dus ‘n mate van beskerming vir Karoo Lam en verhoed selfs dat Karoo boere hul produk as Karoo Lam kan bemark sonder die voldoening aan die huidige wette. Maar as jy deel is van die sertifiseringskema en onafhanklike ouditeure het bevestig dat jy aan die reëls voldoen mag bemarking van ‘Karoo Lam’ plaasvind.