Agri Kultuur September 2014 | Page 29

Gevorderde navorsing en nuwe hulpmiddels soos biotegnologie het ’n omwenteling in die landbou teweeggebring deur boere te help om meer te produseer en die omgewing beter te bewaar, terwyl hulle poog om in die stygende aanvraag na kos te voorsien. Hierdie hulpmiddels help hulle om uitdagings te oorkom soos beperkte hulpbronne (water en grond), ekstreme weerstoestande as gevolg van klimaatsverandering, asook plae wat om voedsel meeding. Biotegnologiese gewasse en die voedsel- en veselprodukte wat daaruit gekweek word, is van die gewasse wat die meeste op grootskaal getoets, getipeer en gereguleer word. Na 15 jaar van produksie en meer as 1 miljard hektaar wêreldwyd, was daar nog geen nadelige effekte gedokumenteer van die voedsel wat gekweek is van biotegnologiese gewasse nie.  Inteendeel, biotegnologiese gewasse (GM-gewasse) het ’n gesonder omgewing tot gevolg deur die verminderde gebruik van insekdoders en verminderde kweekhuisgasse terwyl dit aansienlike hoër opbrengste tot gevolg het.* Te danke aan maatskappye soos Monsanto is ons verseker van veilige, gesonde voedsel** wat volhoubaar geproduseer word. Lees meer oor die veiligheid van GM-gewasse op www.monsanto.com.  Monsanto is daartoe verbind om lewens te verbeter deur die landbou te verbeter. * Volgens Brookes en Barfoot, 2013, het biotegnologiese gewasse van 1996 tot 2011 bygedra tot voedselsekerheid en volhoubaarheid deur gewasproduksie met US$98,2 miljard te verhoog. Dit het ook bygedra tot ‘n gesonder omgewing deur die gebruik van insekdoders te verminder met 473 miljoen kg aktiewe bestanddele. In 2011 alleen is CO2-uitlating met 23,1 miljard kg verminder, gelykstaande daaraan om 10,2 miljoen motors van die pad af te verwyder. ** Regulatoriese liggame wêreldwyd, soos die Voedsel- en Landbouorganisasie, Wêreldgesondheidsorganisasie, die Europese Kommissie, die Franse Akademie vir Geneeskunde, die Amerikaanse Mediese Vereniging, en die Amerikaanse Genootskap van Toksikologie het bevind en gestaaf dat GM-voedsel veilig is vir die mens se gesondheid. http://www.sho.int/foodsafety/publications/biotech/20questions/en/ http://ec.europa.eu/research/biosociety/pdf/a_decade_of_eu-funded_gmo_research.pdf Meer oor Monsanto Maatskappy Monsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings en landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto is daarop gefokus om boere by te staan om meer uit hul grond te kry terwyl hulle die wêreld se natuurlike hulpbronne, soos water en energie, toenemend bewaar. Monsanto is ‘n geregistreerde handelsmerk van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021. Tel: 011 790-8200 of [email protected] uppe marketing A10118 Gegewe die huidige bevolkingsgroei dui alles daarop dat die wêreldbevolking die 8 miljard-merk gaan bereik teen 2025. Om kos op die tafels van ’n groeiende bevolking te sit, bly ’n uitdaging.