Agri Kultuur September 2014 | Page 24

Artikel deur Dr Riaan Buitendag B y die mens is die mees algemene wyse van medisyne inname deur die mond, maar die aktiewe molekules in sekere medisynes is óf nie opneembaar nie óf veroorsaak skade aan die spysverteringskanaal. Hoe het AnnGro® ontstaan? ’n Onlangse biotegnologiese deurbraak is by die Noord-Wes Universiteit se Potchefstroom Kampus gemaak met die ontwikkelling van ‘n nano/mikro funksionele draersisteem wat optree as ‘n translokeerder wat die opname van bykans enige molekule oor biologiese en selmembrane bevorder. Op hierdie wyse kan pynstillers wat in die funksionele draersisteem verpak is byvoorbeeld nou deur die vel opgeneem word op die plek waar pyn ervaar word sonder om dit oraal in te neem. In die lig van hierdie voordeel vir die mens is daar navorsing gedoen om die voordele van AnnGro® se gebruik saam met landboumiddels te evalueer. Hierdie navorsing het gelei tot die registrasie van AnnGro® as ‘n penetreermiddel onder Wet 36 van 1947 (L9443). ® Wat is AnnGro ? AnnGro® is ‘n unieke plant- en omgewingsvriendelike penetreermiddel wat die opname van sommige landboumiddels deur plante, bv. vloeibare kunsmis, kan verbeter. AnnGro® bestaan uit biologies funksionele nano/mikro-strukture (Foto 1) wat die inherente vermoё besit om die opname van landbou- middels deur plantweefsel te verhoog en in lewende selle vry te stel vir versnelde metabolisering. Die toepassing van nanotegnologie in die landbou lê daarin dat dit die potensiaal besit om die produksiesiklus te herorganiseer en te verfyn, wat weer aanleiding kan gee tot ‘n verhoging in gewasproduksie. Wat is Nanotegnologie? Nanotegnologie is die konstruksie van nano-strukture met mikroskopiese dimensie grootte van onder 1 mikrometer (µm) wat gebruik word om materie op molekulêre vlak te manipuleer. Hierdie word beskou as sleutel tegnologie vir die toekoms as gevolg van die betekenisvolle impak wat dit inhou m.b.t verbeterde effektiwiteit van landboumiddels. Foto 1: a) Buite aansig en b) deursnit en binne aansig van AnnGro ® se funksionele nano/mikro struktuur waar pakking van voedingstowwe plaasvind. a) b)