Agri Kultuur September 2014 | Page 22

daar ‘n sekere kategoriefout opduik, en outomaties ‘n boodskap na die betrokke masjienhandelaar se werkswinkel stuur en hulle in kennis stel van die probleem en wat die probleem is, voordat selfs die operateur weet van die fout. Net so kan die werkswinkelpersoneel vanaf die kantoor op die rekenaar inskakel en die masjien en die fout probeer opspoor en regstel voordat daar ‘n voertuig hoef te ry na die masjien. Ontwikkelling rondom ondersteuning op presisietoerusting word ook op dieselfde manier hanteer. Dit alles word moontlik gemaak deur ‘n selfoonmodem wat die masjien met die internet koppel. Plaaslike beskikbaarheid Grondontledingsdienste sowel as die volle reeks van presisietoerusting vir verskeie handelsname is beskikbaar in Suid-Afrika. Die gebruik van beskikbare tegnologie word bepaal deur die behoefte van die boer, die area, boerderypraktyk, ens. GPS-navigasie is altyd ‘n goeie belegging omdat dit in verskeie toepassings gebruik kan word deur die seisoen. GPS-navigasie laat die operateur toe om sy spasiering tussen bane reg te kry, en sodoende die regte toepassing op die regte plek te doen en sodoende geld te spaar deur dubbele toepassing of openinge te beperk. Kostebesparing Die moontlike kostebesparing wat presisieboerdery meebring wissel van toepassing, area, drywervermoëns, GPS-akkuraatheid, hektare van toepassing, en so aan. Dit kan soveel as ‘n 50% verbetering meebring, maar daar is baie veranderlikes wat dit beïnvloed. Daar is verskeie voorbeelde waar boere ‘n GPS-navigasiestelsel gebruik het vir spuit- of strooierwerk en terugvoer gee dat hulle die regte hoeveelheid vir die hektare van die kamp toegedien het, anders as vorige seisoene waar hulle meer as die aanbevole toediening gegee het weens onnodige dubbele toediening. Omdat die operateur nou kan sien wat afgehandel is en watter dele van die land nog nie toegedien is nie, kan hy na die presiese regte plek ry en die toediening op die regte plek gaan doen. In ander gevalle – met die hulp van autostuur – is daar na ander bewerkingspatrone beweeg omdat die GPS-navigasie dit moontlik maak. Dit bring ‘n hoër hektaar per uur waarde asook ‘n beter toedieningsfaktor, minder stremming op implemente en laer brandstofverbruik mee. Daar is ander scenarios waar boere veranderlike toediening doen deur fosfaat en kalk regstellings te doen deur op die regte plek die regte hoeveelheid toe te dien volgens die aanbevelingskaarte. Dit bring mee dat hulle fosfaat- en kalk hoeveelhede aansienlik minder in totaliteit is as wat dit sou wees met die tradisionele toediening deur dieselfde hoeveelheid oor die hele area toe te dien. Autostuur stel ‘n presiese akkuraatheid beskikbaar wat groot kostebesparing meebring vir grondbewerking, plant-, spuit-, strooi- en oeswerk.