Agri Kultuur September 2014 | Page 20

Artikel en foto’s deur Louis Giliomee Presisieboerdery stel die boer in staat om dit wat hy doen, meer effektief te doen, om beter bestuurspraktyke in plek te stel en om optimale opbrengs uit die plaas te lewer. P resisieboerdery kan in twee afdelings verdeel word: Een is die ontleding en behandeling van grond, en die ander is navigasie van masjinerie. Verskillende tipes grond het verskillende behoeftes net soos elke mens in die wêreld verskil en jy nie een kry wat presies dieselfde is as ‘n ander nie. Mense hou daarvan om as ‘n individu hanteer te word volgens sy spesifieke behoeftes en dit werk net so met grond. Sekere dele van enige gegewe stuk grond het meer vermoëns as ander, maar dit kry baie keer dieselfde “kos” of behandeling as ander dele wat nie dieselfde vermoëns het nie. Sodoende word die hoë potensiaal grond se vermoëns beperk as gevolg van ondervoeding, en die swakker dele se potensiaal ook beperk as gevolg van oorvoeding. Dit is waar presisieboerdery in die prentjie kom. Dit laat die boer toe om spesifieke grondtipes individueel te hanteer volgens elke deel se behoefte en sodoende die grond se optimale vermoëns te benut. Grond is die boer se bate, en hoe beter hy daarvoor kan sorg, hoe beter opbrengs gaan hy daaruit kry. presisie aanbeveling per spesifieke area se grond help om optimale chemiese behandeling van grond te bewerkstellig. Ontleding en behandeling Ontleding en behandeling van grond begin by die grondontleding van ‘n land. Tradisioneel is daar twee of drie grondmonsters uit ‘n land geneem, alles in een sak gegooi en gemeng, en daardie grondmonster het die hele land verteenwoordig. Met presisie grondontleding word daar nou grondmonsters per vasgestelde area geneem en individueel ontleed. Dus, sou daar tradisioneel een grondmonster wees wat argumentshalwe ‘n 10ha land verteenwoordig.Nou is daar tussen vyf en tien grondmonsters vir dieselfde land. Uit die onderskeie grondmonsters se ontledingsresultate kan die verskillende grondtipes met al die verskillende chemise behoeftes uit die spesifieke land ge-identifiseer word. Sodoende kan daar ‘n aanbeveling per individuele hektaar of twee gegee word, in plaas van ‘n tradisionele enkel-aanbeveling per land. Die Konsulteer Die maatskappy wat die aanbevelings doen, genereer ‘n aanbevelingskaart in ‘n standaard rekenaar formaat wat deur presisietoerusting hanteer kan word. Daardie aanbevelingskaart word dan op die presisietoerusting-skerm gelaai, hetsy dit ‘n spuit, strooier of planter is, waar die presisietoerusting die toepassing van die betrokke implement beheer. Sodoende word die toediening outomaties aangepas volgens die aanbevelingskaart vir daardie spesifieke posisie. Hierdie beginsel word algemeen gebruik om kalk-, gips- en fosfaatregstellings te doen op kalk-, kunsmisstrooiers en planters, asook spoorelement toedienings op spuite. In die geval van graan wat gestroop word, kan ‘n stroper toegerus word met ‘n opbrengsmonitor stelsel wat ‘n kaart genereer van die hoër en laer opbrengs-