Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 75

‘n Paar van die items van weggooigoed wat in kuns omskep is, is maar ‘n klein deeltjie van die aanbieding by Môi Art Café. “Ons gaan mettertyd meer geskenke wat nie uit volstruisvere en –eierdoppe bestaan nie, aanhou wat toeriste as aandenkings kan koop.” Du Plessis en Rheeder het in 2006 die plaas op Rooiheuwels gekoop en mettertyd die verskillende venues ontwikkel. Eers die Moooi-galery met sy interessante nisse wat voorheen ‘n melkstal was, toe die unieke amfiteater waar teen die doek van rooi sonsondergange oor die Swartberge opspraakwekkende eksperimentele teaterstukke en groot konserte aangebied is – dink maar aan Smokie se vuurwarm konsert! Die venues word steeds gebruik: Elke eerste en derde Saterdag van die maand vind ‘n plaasmark met organiese groente en vrugte, tuisgemaakte produkte en snuisterye plaas. Gewilde kunstenaars kom telkens terug na die aardse venue en warm atmosfeer van die Klein Karoo platteland. Die venues is ook gewild vir troues en jaareindfunksies, en daar gaan selde ‘n naweek verby wat daar nie een of ander aktiwiteit plaasvind nie. Vir meer inligting kontak Danie du Plessis by 082 5100 516.