Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 74

Piepklein is ‘n goeie beskrywing: By vyf keurige tafels teen die klassieke rooi, swart en wit dekor, word dekadente gebak – elke dag ‘n ander koek – saam met uitsoekkoffie voorgesit. “As die koek van die dag op is, is dit op,” sê hy. Hy maak ook ‘n heerlike hoenderslaai – al dis op die spyskaart - en hulle het ook nie in hierdie stadium ‘n dranklisensie nie. Die Môi Art Café word druk besoek deur veral buitelandse toeriste. “Koffiewinkels en geskenk-winkels in die dorp maak vroeg toe, en dan is daar niks vir toeriste om te doen behalwe om in die strate op en af te drentel voordat hulle êrens gaan eet nie. “Daarom maak ons soggens 11:00 oop en sluit eers saans 19:00.” Kuns voer dus bo-toon in die knus kuierplekke, en bekende en nuwe kunstenaars se meestal onge--ykte werke word uitgestal. “Juanita Oosthuizen van Kaapstad se driedimensionele kunswerke het soos soetkoek verkoop,” vertel Du Plessis. Ander kunstenaars wie se kunswerke tans hier uitgestal word is onder andere Ruhan Janse van Vuuren se Strandbaaiers – die duurste item in die galery. Binnekort word die bekroonde kunstenaar Hannalie Taute se werk hier uitgestal. “Die doel is om kuns in ‘n stylvolle omgewing aan te bied vir mense met ‘n waardering vir kuns.” Alles waaraan Danie du Plessis en Wim Rheeder raak, word kuns: of dit nou koeldrankblikkies is wat kleurryke kandelare word, of afgeweerde motorbande wat in kunstige spieëls omskep word, noem maar op.