Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 73

Nuwe kuierplek in die Klein Karoo Tisha Steyn M ôi Art Café is ‘n vars nuwe galery/koffiewinkel oorkant die CP Nel Museum in Baron van Reedestraat in Oudtshoorn. Hierdie nuutste toevoeging tot Jamstreet se interessante venues was ‘n natuurlike uitvloeisel van die Jamstreet vermaak-kompleks se unieke teater-en kuierplekke langs die Rooiheuwelspad waar verskeie teater-aanbiedings gedurende die Klein Karoo Kunstefeeste aangebied is. Grafiese kunstenaar Wim Rheeder, vennoot van Danie du Plessis, kunstenaar in eie reg, het in Februarie vanjaar sy ateljee vanaf Jamstreet na hierdie perseel geskuif. Die nuwe venue is tydens die KKNK omskep in ‘n galery, en uit die aard van die ligging in die hart van die Kunstefees, en feesgangers het daarheen gestroom. Mettertyd kon Rheeder dit nie meer uithou met die talle besoekers wat ingestroom het nie, want hy kon nie sy werk klaarkry nie.” Du Plessis, wat vroeër bedags by Jamstreet was, het besluit om te kom hand bysit. Kort voor die Klein Karoo Klassique (in middel Augustus vanjaar) het Du Plessis met sy rustelose kunstenaarsiel besluit om ‘n koffiewinkel in die galery te begin. “Ons het besluit om ‘n piepklein koffiewinkeltjie hier oop te maak – ons het tog immers al die toerusting by die Mooi-koffiewinkel gehad...”