Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 6

Santam Landbou herbevestig verbintenis tot versekering van vrugte Schalk Schultz Santam Landbou, die grootste versekeraar van oeste en vrugte in Suid Afrika bevestig weereens sy verbintenis tot die versekering van vrugte in Suid Afrika. “D ie volhoubare versekering van vrugte verg spesialis onderskrywingskennis en tegniese kundigheid en dit kan produsente duur te staan kom om hul oeste te verseker by ‘n versekeraar wat nie oor hierdie kundigheid beskik nie,” sê Schalk Schultz, Bestuurder Besigheidsontwikkeling: Oesversekering . Santam Landbou is die oudste versekeraar van oeste in Suid Afrika en verseker reeds vrugte vir baie jare. “Ons het kundige en ervare personeel in elk van die erkende vrugte- produksieareas in Suid Afrika en Namibië,” sê Schultz. Hierdie personeel het baie jare ondervinding en is spesialiste in die versekering van vrugte en die akkurate bepaling van skades daarop. Santam se vrugtespesialiste diens jaarliks die versekering op gemiddeld meer as 10 miljoen vrugtebome en 3 000 hektaar druiwe. Volgens Schultz word hierdie veldpersoneel ondersteun deur Santam Landbou se besigheidsondersteunings afdeling in Bloemfontein waar eise verwerk word en gemiddeld binne sewe dae aan die versekerde uitbetaal word. “Elke vrugteprodusent streef daagliks daarna om ‘n produk van kwaliteit te lewer aan die einde van die seisoen, waarom dan tevrede wees met tweede beste as dit by die versekering van jou vrugte kom,” sê Schultz. Bel dus vandag nog jou makelaar of naaste Santam Landbou verhoudingsbestuurder vir die lewering van ‘n kwotasie en professionele advies ten opsigte van die versekering van jou vrugte.