gekies word volgens 'n lys. Spesifieke uitsluitings vir
binne hospitaal prosedures kan ook van toepassing
wees.
‘n Opgeleide, geregistreerde en onafhanklike gesondheidsorg konsultant tref vergelykings en kan vir lede uit
verskeie fondse die beste opsie aanbeveel. Lesers moet
in gedagte hou dat onafhanklike konsultante verskeie
opsies kan voorstel en nie gebind is aan een spesifieke
fonds nie.
Lede moet seker maak watter toegang hulle tot
diensverskaffers en medikasie het - is dit byvoorbeeld
net dit wat die fonds voorskryf of kan u self kies? Kyk
ook mooi wat is die terugbetalings koers – fondse se
terugbetalings wissel byvoorbeeld tussen 100%, 200%
en 300%. Dit beteken as die dokter duurder is as die
fonds se koers gaan u as lid die verskil moet betaal.
Meer as jou mediese fonds tarief:
Deesdae word pasiënte wat dienste binne ’n hospitaal
verlang gekonfronteer met “privaat” of
“uitgekontrakteerde” tariewe, wat tot gevolg het dat
hul mediese fonds nie die volle bedrag wat die dokter,
spesialis of narkotiseur vra vir die prosedure uitbetaal
nie. Mediese fondse betaal as ’n reël binne hospitaal
prosedures teen die Mediese Fonds Tarief. ‘n Lid van ’n
mediese fonds kan dus ’n redelike skok kry indien ’n
Spesialis bv. R10 000 hef vir ’n prosedure, maar die Mediese Fonds Tarief wat voorgeskryf is, is slegs R6000.
Die lid sal die balans van R4000 uit sy / haar sak moet
opdok.
“Gap Cover” oorbrug hierdie gaping. Hierdie binnehospitaal (verskil) dekking betaal tot 5 keer (500%) die
mediese fonds tarief, met geen of ‘n jaarlikse limiet van
toepassing.
“Gap Cover” is ’n korttermyn versekeringsproduk en
koste beloop vanaf R150 tot R245 per maand afhangende van die tipe polis. Hierdie kostes is per gesin en
nie per persoon nie. ‘n Gesin van vier kan dus R150 per
maand betaal afhangende van die dekking gekies.
Wagperiodes is van toepassing , terme en voorwaardes
geld.
Laastens: Wat is Voorgeskrewe Minimum Voordele?
Dit is vir lewensbedreigde siektes/kondisies byvoorbeeld: kanker, diabetes, hoë bloeddruk, asma en cholesterol.
Alle mediese skemas moet sedert 2004 voordele bied
vir 270 gelyste diagnoses en nood mediese toestand
behandelings wat in die Regulasies van die wet op Mediese Skemas 1998 gelys is, asook 25 geïdentifiseerde
Chroniese siektetoestande.
Mediese Fondse kan hul lede versoek om net van Spesifieke Diensverskaffers (m.a.w. hospitale, dokters en
apteke) vir voorgeskrewe minimum voordele gebruik te
maak, andersins sal daar bybetalings van toepassing
wees. Die diensverskaffers kan ook publieke/staats hospitale wees. Dit is belangrik dat die korrekte roete,
protokol en prosedures gevolg word.
Vensterperiode/Belangrike kennisgewing
Die tydperk wat ALLE Mediese Fondse se veranderde
voordele en verhoogde premies vrygestel word is nou!
Die vensterperiode vir plan veranderinge binne u fonds
is Oktober en November, u kan op- of afgradeer of u
huidige plan hersien. Enige veranderinge sal 01 Januarie 2015 in werking tree. U het nou die opsie om te verander na ‘n Omvattende plan sonder wagperiodes.
Om seker te maa k dat jy op die regte plan is of vir
meer inligting oor GAP dekking kan Karin Theron of
Anel Heyns van Boshoff Visser Finansiële Dienste
Edms. Bpk. gekontak word by 028 514 1102 of per
epos: [email protected] / [email protected].
Die volgende voorbeeld illustreer wat Gap dekking in werklike gevalle uitbetaal het.
Prosedure
Mediese Fonds Tarief
Ware Koste
Gap Cover Betaal
Bors Biopsie – Spesialis koste
R 2 641.21
R 4 349.21
R 1 707.89
Rug Chirurgie – Spesialis koste
R 3 207.20
R 6 180.00
R 2 972.80
Spinale Fusie – Spesialis koste
R18 503.90
R55 320.46
R38 165.56
Cystoscopy – Spesialis koste
R 7 825.00
R16 264.20
R 8 439.20
Keisersnee – Spesialis koste
R 3 984.24
R12 507.39
R 8 523.15
Boshoff Visser Finansiële Dienste Edms. Bpk. is ’n geregistreerde finansiële diensverskaffer. FSP Lisensienommer: 11969. Viakor Veertien (Edms.) Bpk. is 'n geregistreerde finansiële diensverskaffer. FSP lisensienommer: 11968. Bostaande artikel is slegs vir inligtingsdoeleindes en is dit geensins advies nie. Boshoff
Visser raai kliënte aan om met 'n mediese fonds adviseur in verbinding te tree voordat hulle enige verandering aan hul mediese fonds plan maak.