Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 40

baie van die graspolle gedeeltelik weens die droogte afgesterf het. Hierdie grootskaalse polafsterwings gaan die komende somer en die daaropvolgende seiesoen nadelige gevolge hê wat weiveldproduksie – en dus weidingkapasiteit van die veld aanbetref. aantal wortels in die proses dood. Die droogterisiko van plante met ‘n swak verspreide wortelstelsel is besonder hoog. Boere kan in hierdie ekologies sensitiewe droër dele nie bekostig dat ‘n plantgemeenskap met ‘n swak wortelstelsel ontwikkel nie. Die veeboer moet met sy bestuursbeplanning in gedagte hou dat die weidingkapasiteit van sy veld na die droogte laer as die langtermynsyfer gaan wees. Dit hou die nadeel in dat hy gedurende die komende groeiseisoen minder diere vir volhoubare produksie op sy plaas sal kan aanhou. Sou hy dit verontagsaam, gaan hy oorbenutting van die veld kry en dit gaan nog langer neem om weer ‘n volhoubare produksiestelsel op sy plaas te hê. Dit blyk ook dat wortelselsels van weiplante na ‘n droogteperiode nie naastenby teen dieselfde tempo as die bogrondse plantdele herstel nie. Gevolglik moet ‘n langer rusperiode vir wortelgroei in die bestuursbeplanning ingebou word ten einde volhoubare produksie te verseker. Indien dit nie toegelaat word nie, sal veld met ‘n swak verspreide wortelstelsel ‘n boer des te meer aan mensgemaakte droogte uitlewer. In die sentrale grasveldgebied is byvoorbeeld bevind dat ‘n intense droogte die graspolle met soveel as gemiddeld 40% kan laat afsterf. Saam met die bogrondse plantafsterwings gaan daar ook ‘n groot Samevatting Die wagwoord met brand en droogte is geleë in vroegtydige vermindering van diere, waar tenminste die kernkudde behou word. Die deurgaans toepassing van ‘n konserwatiewe veebelading sal hierdie proses van veevermindering meer glad laat verloop. Onthou altyd om die weidingkapasiteit (produksie potensiaal van veld) en veebelading (boer se skatting van weiveld se potensiaal) met mekaar te trou ten einde volhoubare benutting van die weidingekosisteem te verseker. Lang rusperiodes is ‘n tweede aspek wat na brand of droogtes in die veldbestuursbenadering ingebou moet word vir vinnige veldherstel. Sorg vir jou weiplant en hy sal weer vir jou sorg. By beide brand en droogte gaan dit gepaard met wortelafsterwing. Lang rusperiodes het optimale wortelgroei tot gevolg wat weer die groeikragtigheid van die plant beinvloed. Anders as met kontantgewasse waar ‘n verkeerde besluit oor byvoorbeeld bemesting binne ‘n jaar reggestel kan word, kan die voor- of nadele van ‘n bestuursbesluit oor weiveld eers na ‘n hele aantal jare sigbaar wees. Gids tot volhoubare produksie van weiding Tweede uitgawe nou beskikbaar R400 plus posgeld Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en WeidingBeskikbaar by: [email protected] Tel 021 4064962 Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na: www.landbou.com Gaan heel na “winkel”, en kies dan “weidingboek.” ‘n Moet vir elke vee- en wildboer!