Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 38

Prof Hennie Snyman Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT Die afgelope aantal jare het ongeluksvure ongekende afmetings in groot dele van ons weiveldgebiede aangeneem. Die verkeerde bestuur van weiveld na so ‘n onbeplande brand kan katastrofiese gevolge vir die volhoubare benutting van die weidingekosisteem hê. N avorsing in die sentrale grasveldgebied het getoon dat brand die plantproduksie die daaropvolgende seisoen met die helfte kan verlaag. Dit neem ongeveer twee volle groeiseisoene vir gebrande soetgrasveld om ten volle te herstel, wat beide produksie en bedekking aanbetref. Indien dit gedurende die eerste seisoen na ‘n brand ook bewei sou word, word die oordrageffek van verlaging in produksie vir ‘n verdere groeiseisoen aangeskuif. Stuk veld wat brand Soos in die geval van droogte kan die plantbedekking in die droër weivelddele weens brand met soveel as 40% verlaag. Hierdie laer plantbedekking is nie net verantwoordelik vir die laer produksie van die plante nie, maar werk ook hoër reënvalafloop in die hand – en gevolglik verhoogte droogte sensitiwiteit van die plante. Dit is gewoonlik die groot polle wat die meeste hitte genereer en dus die grootste afsterwing toon. Hierdie groter polle is gewoonlik die klimaksgrasse wat die belangrikste vir optimale diereproduksie is. Hoewel die uitvoerbaarheid daarvan om diere na ‘n brand total vanaf die veld in die droër grasvelddele te onttrek, nie altyd prakties moontlik is nie, is dit vanuit die oogpunt van die plantbehoud absoluut noodsaaklik dat die veld so lank moontlik na ‘n brand sal rus. Daar bestaan verskeie maatreëls wat die boere kan tref ten einde hulle veekuddes te behou wat onder andere die volgende insluit:  Huurgrond kan probeer verkry Kern van graspol steeds dood jaar na brand