Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 36

Saam boer ons vir die toekoms PANNAR SAAD is 'n dinamiese SuidAfrikaanse maatskappy met navorsing en ontwikkeling as sy kern. PANNAR teel mieliebasters sedert 1960 wat spesifiek vir die behoeftes van boere in Suid-Afrika aangepas is. PANNAR was die eerste private saadmaatskappy om mieliebasters vir die plaaslike mark in Suid-Afrika te registreer. Dit is een van die grootste akkerbou-saad produsente en verskaffers in Afrika en is 'n belangrike en gerespekteerde lid van die internasionale saadbedryf. PANNAR doen op 'n professionele en verantwoordelike wyse besigheid en het reeds oor dekades heen 'n groot bydrae tot die welvaart van boere en die ekonomie in Afrika gelewer. Teling gister: Konvensionele teling, met behulp van fenotipiese eienskappe, is hoofsaaklik verantwoordelik vir die groot vooruitgang wat ons vandag in gewasproduksie sien. Fenotipiese eienskappe is die waarneembare eienskappe van 'n variëteit as gevolg van die interaksie van sy genotipe met die omgewing. Die byvoeging van GM eienskappe bv. Bt en RR beskerm die opbrengspotensiaal van die oes en verbeter risikobestuur, deur insekteskade en kompetisie met onkruide te beperk. Teling môre: In die toekoms sal konvensionele teling toenemend geïntegreer word met biotegnologie en bioïnformatika. Bioïnformatika ontwikkel en verbeter die metodes om biologiese data te bestuur en te ontleed. Sodoende word nuttige resultate uit ʼn groot hoeveelheid rou data ontgin en kan genotipiese merkers met die fenotipes gekorreleer word. Dit bied ook die geleentheid om ʼn enorme hoeveelheid inligting te interpreteer en die teelwaardes daarvan te voorspel en dit te integreer met ons konvensionele teelprogramme. Hierdie gereedskap genereer bruikbare biologiese kennis wat tot groter produk keuses en beter produkte, vinniger en meer doeltreffend, lei. As deel van die DuPont Pioneer groep het PANNAR SAAD toegang tot ʼn wêreldklas genetiese biblioteek en teel vermoëns, insluitende biotegnologiese en bioïnformatiese stelsels. Met ʼn tegnologiesentrum in Afrika wat uit ’n netwerk van navorsingsfasiliteite bestaan word van ultra-moderne Navorsings- en Ontwikkelingstegnologie wat kweeksiklusse sal verkort en die akkuraatheid verbeter om kweekteikens te kan bereik. Hierdie tegnieke sluit bv. die gebruik van dubbeld-haploïede, mieliekopfotometrie en die (unieke) Pioneer Versnelde Opbrengs-Tegnologie (“Accelerated Yield Technology”) of AYT™-stelsel, asook genetiese kweektegnologieë soos seleksie met die hulp van genetiese merkers, in. Toegang tot, en die ontleding van data sal tot nuwe hoogtes gevoer word soos wat die Afrikategnologiesentrum met Pioneer se wêreldwye N&O-netwerk verbind word. Dit verleen stu-krag aan die produk-ontwikkelingspyplyne van Pannar wat voortvloei uit die samevoeging van die individuele maatskappye se komplementerende geen-poele, asook die benutting van die uitgebreide navorsingsinfrastruktuur en netwerk ingevolge ’n verenigde navosingstrategie. Deur ons teelprogramme met die gevorderde teeltegnologie en bioïnformatika infrastruktuur te integreer word ons vermoë dramaties versterk om aan boere se vereistes vir hoë opbrengsvariëteite met beter siekte-, droogte- en insekverdraagsaamheid, te voldoen. Pannar is verbind tot langtermyngroei en die verbetering van landbouproduktiwiteit deur beter produkte aan boere te lewer.