Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 35

eetgewoontes na meer graanintensiewe voedselsoorte soos vleis, pluimvee en suiwel. Dit, tesame met alternatiewe gebruike soos biobrandstof en vesel produksie, verhoog die wêreldvraag na graan en oliesade verder. ’n Geskatte 60% van die wêreld se onbenutte bewerkbare landbou grond is in sub-Sahara Afrika. Die grootste geleenthede om mielieopbrengste dramaties te verhoog deur die gebruik van beter genetika, tegnologie en boerderypraktyke, is ook in sub-Sahara Afrika. Daarby is daar ook nog heelwat ruimte om sonneblom-, sorghumen sojaboonaanplantings in die toekoms betekenisvol uit te brei. Suid-Afrika is steeds ’n netto invoerder van koring, terwyl ons selfonderhoudend behoort te wees. Ons is egter van politieke bereidwilligheid afhanklik om ons plaaslike koringbedryf doeltreffend by te staan en te beskerm teen gesubsidieerde koringinvoere. Die opbrengsvlakke van hoë-oleïensuur-sonneblom en Clearfieldsonneblom sal toeneem tot vlakke wat met die beste konvensionele sonneblombasters sal vergelyk. Soos die grense van die tradisionele sojaboon verbouingsgebiede plaaslik uitbrei, sal kultivars wat meer hitteverdraagsaam is as wat tans beskikbaar is, bekendgestel word. Op sy beurt sal groei in die graansorghummark en teling van die gewas deur nuwe gebruike, soos etanolvervaardiging, bepaal word. skappe soos droogte-, siektebestandheid en staanvermoë aangepas wees vir die gebiede waarin hulle bemark word. Nuwe tegnologie In samewerking met internasionale rolspelers in die agrochemiese bedryf maak Pannar baie goeie vordering met die ontwikkeling, evaluasie en kommersialisering van gespesialiseerde chemiese produkte en spuitprogramme en saadbehandelings wat ons genetika produkte komplimenteer. Huidig is die landbousektor een van die min bedrywe waar die ekonomiese groei positief is en onderskryf die waarde en bydrae tot die land se ekonomie. Dit skep geleenthede wat deur die bedryf benut moet word om te verseker dat die belangrike rol van landbou in die ekonomie uitgebrei en erken word. ʼn Groot uitdaging vir landbou is om aktief tot die ontwikkeling van die platteland en ontwikkelende gemeenskappe by te dra. Dit behoort voedselsekuriteit te verbeter terwyl dit armoede teengewerk. As ʼn plaaslike lisensiehouer vir etlike GM-eienskappe is Pannar voortdurend op soek na nuwe GMeienskappe wat in die SuidAfrikaanse mark aangewend kan word. Dit vind in samewerking met internasionale tegnologiemaatskappye plaas. Toekomstige tegnologieë, waarvan sommige reeds in die pyplyn is en wat ’n impak op ons markte sal hê, verwys na droogtebestandheid in mielies, doeltreffender stikstofverbruik, streepsiektebestandheid in mielies, verbeterde oliekwaliteit- en olie-eienskappe by van die olie gewasse. Dit sluit byvoorbeeld onkruiddoderbestandheid by sonneblom en sojabone in. Ons primêre fokus bly natuurlik volgehoue opbrengsverbetering vir produsente in die onderskeie agroekologiese streke. Ons kultivars moet met betrekking tot eien- Suid-Afrika het uitstekende landbouers. Hulle het ’n merkwaardige vermoë om aan die voorpunt met die gebruik van nuwe tegnologie te bly. Dit, tesame met projeksies van ’n toenemend verhoogde vraag na kos, veral sojabone en mielies, skep verdere uitdagings. Indien ons visie as insetverskaffers en ook as boere verder as die Suid-Afrikaanse grense strek, om ten minste die res van subSahara Afrika in te sluit, lê daar ongetwyfeld ’n blink toekoms vir ons voor. As saadverskaffer en vennoot in die landbou staan Pannar agter elke produsent, groot en klein.