Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 34

Artikel verskaf deur PANNAR Verbeterde genetika en tegnologie plus Suid-Afrikaanse boere se bestuursvernuf sal hulle toenemend bemagtig om meer volhoubare mielieproduksie selfs onder minder gunstige landboutoestande te kan bedryf. M et ʼn groeiende wêreld bevolking sal plantetelers onder andere ʼn haas uit die hoed moet trek om aan die groeiende bevolking se behoefte te voldoen. Dit is moontlik indien al die voordele van verbeterde genetika, tegnologie en gevorderde landboupraktyke ten volle benut word. Om aan die toenemende vraag te voldoen mag dit beteken dat sommige van die bewerkbare grond wat tans as marginaal geklassifiseer is en nou vir ander doeleindes aangewend word, weer vir graanproduksie aangewend kan word. Moderne tegnologieë, gerugsteun deur goeie bestuursvernuf, sal produsente bemagtig om gewas- produksie volhoubaar selfs onder minder gunstige toestande te kan bedryf. Gevorderde teeltegnologieë ontwikkel vinnig en stel ons in staat om die voordeel uit ons genetika te verhoog, deur die konvensionele planteteeltprosesse aansienlik te verkort en die teelproses doeltreffender en meer akkuraat te bedryf. Hierdie ontwikkelings is nie noodwendig GMO gerig nie. Pannar voorsien ’n toename in die gebruik van natuurlike gene wat agronomiese eienskappe soos verbeterde droogte- en siektebestandheid asook beter graangehalte en spesifieke voedingswaardeeienskappe, verleen. Tegnologiese onwikkelings, insluitende meer doeltreffende waterverbruik deur die plant, kan gebruik word om besproeiingsdoeltreffendheid en dus energiebesparings te verseker, dit hou ook belowende moontlikhede vir droëland aanplantings in. Die uitstekende toekoms wat Pannar vir mielies, sonneblom, sorghum, sojabone en koring voorsien, spruit grootliks uit ’n groeiende wêreldbevolking. Na skatting gaan dit van die huidige 7 biljoen tot 9 biljoen teen 2050 toeneem. Afrika se bevolkingsgroei word geprojekteer om oor dieselfde tydperk van ongeveer 800 miljoen na 2 biljoen mense te vermeerder en sal dan ongeveer 22% van die wêreldbevolking uitmaak. Soos lewenstandaarde verhoog, veral in die ontwikkelende wêreld, verander