Agri Kultuur November 2018 | Page 46

Belasting, die las raak al swaarder Arnand Stofberg BVSA D ie las op belastingbetalers in Suid- Afrika raak al swaarder. Verskeie faktore dra hierby toe, waarvan die grootste seker die feit is dat die bevolking waaraan die regering dienste moet lewer vinniger groei as die aantal belastingbetalers van wie die regering belasting kan hef. Indien daar nie dringend aandag gegee word aan die probleem van ʼn uitermatige hoë bevolkingsgroei, instroming van mense uit buurlande en werkloosheid nie gaan die probleem net vererger. Die feit dat die staatsdiens op die oomblik rekordvlakke van korrupsie en wanbesteding ondervind help natuurlik glad nie en sal ook baie vinnig aangespreek moet word. AgriKultuur |AgriCulture Die landbou gaan reeds gebuk onder ʼn koste-knyptang waar die pryse van insette vinniger styg as die verkoopspryse van landbouprodukte, en die ekstra las wat hoër belastingkoerse op die landbou plaas maak dit nóg moeiliker om volhoubaar te boer. Produsente en hulle rekenmeesters/ raadgewers sal deeglik moet besin of hulle besighede reg gestruktureer is om die bes moontlike belastingomgewing te skep. 46